KersfeesoordenkingsVoorbeeld

Christmas Reflections

DAG 3 VAN 5

Onverwagse Aanmoediging

God is bewus daarvan dat sommige reise moeilik genoeg is en des te meer as die reis alleen gedoen word. Gabriël het aan Maria gesê dat haar familielid, Elisabet, ses maande swanger was. Aangesien Elisabet haar hele lewe lank die hartseer en skaamte van onvrugbaarheid gedra het, sou dit dadelik Maria se nuuskierigheid geprikkel het. Om te hoor sy het 'n baba, sou 'n groot aanmoediging vir Maria gewees het.  Sy was nie alleen in hierdie kommerwekkende wêreld van besoeke, profesieë en vervullings nie.

Maria het bykans onmiddellik besoek by haar familielid gaan aflê. Sy sou verstaan. Toe Elisabet die groet van Maria hoor, "het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg." Dit was nie al nie. Elisabet was vervul met die Heilige Gees en het Maria en die kindjie geseën en gevra: "Waaraan het ek dit te danke dat die moeder van my (haar) Here na my (haar) toe kom?” Met ander woorde, "ek moes eerder na jou toe gekom het."  

Weer eens lyk alles verkeerd vanuit die perspektief van kulturele verwagtings. Maria sou normaalweg die een wees wat eer aan die ouer Elisabet betoon het. 

God het egter gesê dit is nie die vooraanstaandes, die invloedrykes, die magtiges of die rykes wat noodwendig deur Hom uitgesoek word om te verlos nie. As dit die geval sou wees, sou hulle heel waarskynlik self die erkenning neem. God ondermyn gereeld normale verwagtinge, en die Skrif sê empaties dat net God heerlikheid en eer sal ontvang — net Hy kan. Hy soek die nederiges, die onopgemerktes, die verbaasdes, en ja, sommige van hulle bewoon wel koninklike wonings. 

Geïnspireer deur die aanmoediging van die groete, begin Maria spontaan sing en verklaar wat God vir haar gedoen het. Hierdie merkwaardige lied, wat aan die profete herinner, vier die feit dat die Here vir Maria uitgekies het — sy, wat van “nederige herkoms” is — en die verstrooiing en verootmoediging van hoogmoediges. Dit is gevul met Ou-Testamentiese beelde en het 'n profetiese toon, wat ons nie in twyfel laat dat, alhoewel Maria jonk was, sy beslis nie Bybels ongeletterd was of sonder 'n begrip van God se weë nie. 

Hierna het Maria vir drie maande by haar familielid gebly, wat waarskynlik sou saamval met die geboorte van Johannes die Doper. Watter krag en troos sou hulle vir mekaar gewees het. Ons kan ons indink hoe hulle hul stories deel, saam bid en hul aandag toespits op die profete, miskien selfs Jesaja, wat soveel te sê gehad het oor Die Dienaar van die Here. 

Daar is altyd iemand wat ons kan bemoedig en versterk in ons geringe of gewigtige gehoorsaamheid aan die woord van God, omdat hulle 'n soortgelyke pad gestap het. Dit is na hulle wat ons ons moet haas, net soos Maria, om sodoende ondersteuning en moed te vind. 

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Reflections

Ons Kersverhaal begin met die engel se aankondiging aan Maria en sluit af met die besoek van die sterrekykers. Ek sal meestal verwys na Lukas in die oordenkings en besprekings van die Kersverhaal aangesien die Evangelie van Lukas die volledigste aantekeninge bevat.

More

Baie dankie aan Simon McIntyre wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.simonmcintyre.net/