KersfeesoordenkingsVoorbeeld

Christmas Reflections

DAG 1 VAN 5

God Kies

Ons Kersverhaal begin met die engel se aankondiging aan Maria en eindig met die besoek van die sterrekykers. In hierdie oordenkings en toepassings van die Kersverhaal sal ek meesal na Lukas verwys omdat dit die mees volledige weergawe van die evangelie is.

Dit is tegelykertyd 'n baie persoonlike en private verhaal en tog ook 'n baie openbare en verrassende verhaal. 

Die menslike rolspelers in die verhaal wissel van 'n jong Joodse tienermeisie, 'n gesoute engel Gabriël, Josef, plaaslike herders en sterrekykers uit die ooste. Nog nooit tevore, of sedertdien, was daar 'n meer uiteenlopende rolverdeling nie. Die drama wat afgespeel het, het kosmiese en nie bloot plaaslike gevolge gehad nie. 

Die Kersverhaal word elke jaar op duisende maniere op letterlik miljoene plekke oorvertel. Dit is kinderlik in aantrekkingskrag en eenvoud, ryk en volwasse in teologiese terme en geliefd deur baie. Ek bedoel, wie het nooit 'n rol gehad of was 'n dier in 'n Kersverhaal toneelstuk nie? 

Dit het begin met Maria, 'n jong maagd. Sy het by haar familie in Nasaret gewoon. Ons weet dat Nasaret 'n ander woord vir "vergete" is — "Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” Dit is beswaarlik 'n gunstige begin wanneer die onbekendste en onwaarskynlikste persoon uit 'n afgeleë dorp wat as wesenlik van geen waarde beskou word nie, gekies word. Dis egter so dikwels die kenteken van God se handelinge met die mensdom — “voor God het geen mens dus iets om op te roem nie.” 

Hoe dikwels verwar ons menslike voorkeure, sterkpunte en vernuf met dié van God? Sy optrede is verhewe bo ons s'n. Dit beteken dat ons dit nie kan begryp of ons dit voorstel nie. Dit is glad nie 'n weergawe van hoe ons sou optree nie, eerder soveel beter. In hierdie geval beteken "hoër" buite ons bereik of begrip. 

Wie van ons sal na die mees geringe persoon op die mees afgeleë plek gaan wat 'n slegte reputasie het, en so iemand kies om die wêreld vir altyd te beïnvloed? Ons gaan na die beste universiteite en maatskappye en kies iemand met 'n indrukwekkende getuigskrif. Nie God nie. Hy kies die onsienlikes, die nederiges, diegene wat nie erkenning wil hê nie, want hulle weet dis nie hulle krag of insig wat die werk gedoen kry nie. Hulle is baie bewus van hulle tekortkominge en menslikheid. 

God kies die onwaarskynlike, die een wat die minste gekwalifiseerd is en die meeste bewus is van sy tekortkominge — sondaars is die beste kandidate om heiliges te word. In sy koninkryk word wêreldse voorsprong en praal deur eenvoudige gehoorsaamheid en verwondering getroef. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Reflections

Ons Kersverhaal begin met die engel se aankondiging aan Maria en sluit af met die besoek van die sterrekykers. Ek sal meestal verwys na Lukas in die oordenkings en besprekings van die Kersverhaal aangesien die Evangelie van Lukas die volledigste aantekeninge bevat.

More

Baie dankie aan Simon McIntyre wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.simonmcintyre.net/