Hoe Om Jou Naaste Lief Te HêVoorbeeld
Moeilike Mense
Ons voltooi hierdie leesplan met miskien die moeilikste aspek van naasteliefde. Ongetwyfeld sal ons mense teëkom wat net moeiliker is om lief te hê. Mense in hierdie kategorie mag dalk ander oortuigings en standpunte as ons hê, en ons kan onsself betrap dat ons dikwels gefrustreerd voel as hulle nie met ons saamstem nie.
Ons hoef nie op hierdie gefrustreerde plek te bly nie. Ons kan insig uit die vorige dae se oordenkings in hierdie leesplan verkry en dit hier toepas! Hier is drie maniere om moeilike mense lief te hê:
Wys Deernis.Ons weet nie altyd van die agtergrond of ervarings van iemand nie. Ons mag miskien afleidings maak, maar dit is dikwels kortsigtig van ons om te dink ons kan weet waarom iemand optree op 'n sekere manier sonder dat ons hulle regtig ken. Dus, laat ons deernis vir mense wys in plaas daarvan om tot gevolgtrekkings te kom wat dalk net onwaar is.
Fokus op ooreenkomste. Daar sal altyd iemand wees met wie ons nie saamstem nie. Daar is waarskynlik niemand op hierdie planeet met wie ons ten volle saamstem nie. Ons kan fokus op wat ons verdeel of ons kan eenvoudig kies om te fokus op dit waarin ons verenig is.
Bid. Dit is die mees waardevolle ding wat jy kan doen, maar dit is nie die enigste ding nie. Om te bid vir mense waarmee ons nie saamstem nie sal ons harte sag maak teenoor hulle. Ons sal begin om waarlik die beste vir hulle te wil hê. Ons moet ook vir onsself bid — dat ons die vrug van die Gees sal uitstraal terwyl ons met ander omgaan.
Soms is die mense met wie ons nie saamstem nie mense wat ons nie ken nie en nooit sal ontmoet nie, terwyl ander miskien in ons families of vriendekring is. Ongeag hoe naby ons is aan dié van wie ons verskil, word ons steeds opgeroep om hulle soos ons naaste lief te hê. Wanneer ons mekaar liefhet soos wat Jesus geleer het, wys ons die wêreld dat ons sy dissipels is.
Soos ons hierdie leesplan afsluit, laat ons minder fokus op wie ons naaste is en meer daarop om naasteliefde te betoon wanneer die geleentheid hom voordoen. Jy weet nooit hoe jou vriendelike en liefdevolle daad iemand se dag kan ophelder nie. Dit mag selfs 'n lewe verander.
Vra God om jou oë vir die behoeftes om jou te open. Daar is 'n oorvloed daarvan en as ons almal ons deel doen dan sal almal wat ons naaste is geliefd voel.
Om meer te leer hoe om ander lief te hê, begin die YouVersion Original Plan Hoe om Mense Lief te hê Waarvan Jy Verskil.
Aangaande hierdie leesplan
In 'n wêreld waarin soveel verdeeldheid en spanning bestaan, sal ons almal beter daaraan toe wees as ons geleer het hoe om ander lief te hê — selfs al is dit ongerieflik of ongemaklik. In hierdie vierdag leesplan gaan ons gesels oor wie ons naaste is en hoe om hulle lief te hê.
More