Hoe Om Jou Naaste Lief Te HêVoorbeeld

How to Love Your Neighbors

DAG 2 VAN 4

Die Mense Wat Ons Ken

Ons het almal mense in ons lewens wat baie na aan ons is. Dit lyk maklik om mense lief te hê wat ons ken, maar in werklikheid is dit nie altyd so maklik nie. Om jou naaste lief te hê beteken om vir hulle lief te wees op die maklike en die moeilike dae. Ons wens hulle geluk met hulle suksesse en vertroos hulle wanneer hulle nie slaag nie. 

Hier is 'n paar praktiese maniere hoe ons die mense wat na aan ons is kan liefhê:

Verlig hulle las. Wanneer ons iemand goed ken, dan weet ons wanneer dinge goed gaan en wanneer nie. Wanneer iemand 'n  stryd in die gesig staar, kan ons deel van die oplossing wees. Dit is maklik om dinge te sê soos: "Laat weet my as jy enigiets nodig het," maar in werklikheid doen mense dit nie. Jy kan eerder jou hulp op so 'n manier aanbied: "Ek bring vanaand vir jou en die gesin aandete. Watter tyd sal julle pas?"

Bewys genade. Een van die belangrikste maniere hoe ons liefde aan ons naaste kan bewys, is deur verdraagsaam met hulle tekortkominge te wees. Wanneer ons kies om genade te betoon, beteken dit ons vergewe diegene wat ons aanstoot gee. Buitendien het God elkeen van ons van soveel vergewe, dat dit dwaas is om onvergewensgesindheid teenoor ander te probeer regverdig. Deur ander te vergewe, word ons in die proses vrygemaak van bitterheid. 

Bou ander op. Ons kan met ons woorde en optrede een van twee dinge doen — opbou of afbreek. Ons wêreld is nie altyd 'n vriendelike plek nie, daarom moet ons eerder die draers van goeie nuus wees vir die mense in ons lewens. Ons sal nooit weet hoe 'n vriendelike woord of optrede iemand se dag kan verander nie — en moontlik ook hulle toekoms. 

Ons kan talryke maniere vind om aan die mense in ons lewens liefde te bewys. Ons kan dalk vir iemand wat nie self kan uitgaan nie 'n takie gaan doen, hulle help met dinge in en om die huis, of net tyd daaraan wy om aandagtig na hulle te luister en te hoor wanneer dinge moeilik met hulle gaan. Kom ons leer om op 'n meer gereelde basis ander se behoeftes bo die van ons eie te plaas. Wanneer ons dit doen, tree ons op soos Jesus, want daar is geen groter liefde as om jou eie behoeftes opsy te skuif en iets vir iemand anders te doen nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How to Love Your Neighbors

In 'n wêreld waarin soveel verdeeldheid en spanning bestaan, sal ons almal beter daaraan toe wees as ons geleer het hoe om ander lief te hê — selfs al is dit ongerieflik of ongemaklik. In hierdie vierdag leesplan gaan ons gesels oor wie ons naaste is en hoe om hulle lief te hê.

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.