Hoe Om Jou Naaste Lief Te HêVoorbeeld

How to Love Your Neighbors

DAG 3 VAN 4

Vreemdelinge 

In Lukas 10 vertel Jesus die verhaal van 'n man wat deur rowers aangeval is wat hom halfdood langs die pad agtergelaat het. 'n Priester het hom gesien en na die oorkant van die pad gestap om hom te vermy. 'n Ander persoon wat in die tempel gewerk het, het dieselfde gedoen. 'n Samaritaan — wat deur baie Jode verag is — het die man egter gesien en hom gaan help. Dit kon dalk genoeg gewees het om die gewonde man slegs op te help en seker te maak dat hy beter voel. Hierdie Samaritaan het egter baie meer gedoen deur sy wonde te versorg, hom na 'n herberg in 'n nabygeleë dorpie toe te vat en geld aan die herbergier te gee om hom verder te versorg. Hierdie Samaritaan het nie die man geken wat hy langs die pad gekry het nie, maar hy het gekies om sy naaste in elk geval lief te hê. 

Ons stap elke dag verby mense wat ons nie ken nie. Ons kom dikwels in die versoeking om die gewone mens mis te kyk, want ons wil nie verontrief word nie, of ons dink nie dat ons 'n verskil kan maak nie. Om mense wat ons nie ken nie lief te kan hê, moet ons daagliks bid en die Here vra vir oë wat die mense kan raaksien wat sy aanraking nodig het.

Hier is 'n paar praktiese wenke om liefde te bewys aan mense wat ons nie ken nie:

Doen een klein dingetjie. Wanneer mense jou pad kruis, het jy geen idee wat in hulle lewens aangaan nie. Hulle mag dalk 'n goeie dag beleef of hulle het dalk pas die slegste nuus van hulle lewe ontvang. Miskien laat God ons toe om die ma met die stout kinders in die winkel raak te sien, of ons sien 'n man raak wat dit skynbaar glad nie breed het nie. 'n Eenvoudige glimlag of 'n klein geskenkie kan hulle dag maak. 

Kry oë om te sien. Ons kom elke dag soveel mense teë wat ons nie ken nie — in winkels, restaurante, by die kerk en op 'n verskeidenheid ander plekke. Selfs al het ons nie 'n persoonlike verhouding met hulle nie, kan ons hulle steeds liefhê as ons naaste. Vriendelikheid teenoor vreemdelinge is 'n enorme vorm van diens.

Daar is waarlik ontelbare maniere om liefde te betoon aan ons naaste wat ons nie ken nie. Dit mag een van die mees opregte dinge wees wat ons doen, want as ons mense nie ken nie, maar tog kies om hulle prakties lief te hê, sal hulle nooit in staat kan wees om ons terug te betaal nie. Miskien betaal jy vir die persoon agter jou in die ry se koffie, skenk bloed wat pasiënte met chroniese siektes kan help, of voorsien kos aan iemand in 'n ander land. Hierdie eenvoudige dinge is wonderlike maniere hoe ons liefde kan bewys aan mense wat ons nie ken nie. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How to Love Your Neighbors

In 'n wêreld waarin soveel verdeeldheid en spanning bestaan, sal ons almal beter daaraan toe wees as ons geleer het hoe om ander lief te hê — selfs al is dit ongerieflik of ongemaklik. In hierdie vierdag leesplan gaan ons gesels oor wie ons naaste is en hoe om hulle lief te hê.

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.