Die Beter LeesplanVoorbeeld
Ons moet die goeie laat gaan om dít aan te gryp wat beter is. Om 'n beter lewe te lei, is dit beter om minder te hê van dit wat nié saak maak nie en meer van dit wat saak maak. Salomo sê in Prediker 4:6 dat "... een hand vol rus beter [is] as 'n dubbele hand vol werk. Ook dit is 'n gejaag na wind." Dit beteken dat dit beter is om 'n lewe van eenvoud te leef. Hierdie week gaan jy leer wat die Woord van God sê oor hoe belangrik dit is om met een handvol in plaas van 'n dubbele hand vol te leef.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.
More
Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church