Die Beter LeesplanVoorbeeld
Ons moet die goeie laat gaan om dít aan te gryp wat beter is. Streef na wysheid as jy 'n beter lewe wil leef. Moenie mislei word deur die sogenaamde "wysheid" van die wêreld nie, maar fokus eerder op die ware wysheid wat net van God kom. Spreuke 16:16 sê: "Probeer liewer wysheid bekom as goud, liewer insig as silwer." Hierdie week gaan jy van die geskrifte van Salomo in Spreuke en Prediker en gedeeltes van die Nuwe Testament lees oor die waarde van wysheid en hoe jy kan begin om dit in jóú lewe te verkry.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.
More
Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church