Alles Wat Ek Nodig HetVoorbeeld
Omdat God voor ons uitgaan en ons van agter beskerm, het Hy ons gevegte reeds hanteer. Hy kan sien wat in ons blindekol aangaan. Hy word nie deur onverwagse gebeure verras nie. Hoe meer ons probeer om die gevegsswaard te swaai en die aanval sonder Hom te lei, hoe meer sal ons sukkel en al hoe moeër word. Hy het voor ons uit gegaan en vir ons die presiese maat van verlossing verseker wat ons nodig het. Die presiese porsie wat by ons pas.
Daar is werklik niks beter as die porsie wat Hy vir jou lewe verseker het nie, want jou godgegewe porsie is slegs vir jou. Jou porsie sal heelheid en oorvloed vir jou verskaf, maar nie noodwendig vir jou naaste nie. Net so is jou naaste se porsie nie noodwendig dieselfde as wat jy nodig het nie. Dit is in God se afgemete en volmaakte porsie vir jou dat jy ten volle ontwaak en lewend word.
God wil vir jou sy porsie vir jou lewe gee. Hy weerhou nie goeie gawes nie, Hy wil dit vervolmaak. As jy vir Hom brood vra, sal Hy nie vir jou 'n klip gee nie ... vra dus! Hy kan nie wag dat jy die porsie, die maat, geniet wat wonderlik en uniek joune is nie.
Moet net nie vra met 'n vooropgestelde idee oor wat daardie porsie moet wees nie.
Dit is wanneer ons voor God uitgaan en ons eie drome en doelwitte ontwikkel, sonder om dit in ooreenstemming te bring met God se doel, dat ons geweldig teleurgesteld word.
Onthou vandag dat Hy JOU porsie is, dat Hy 'n noukeurig afgemete geskenk het wat met groot sorg vir jou gekoop is. Jesus Christus het vir jou gewerk. Hy het vir jou gearbei. Hy het vir jou volhard. Hy het vir jou gebloei. Hy het vir jou gesterf. Die belangrikste is egter dat Hy nie net al jou gevegte op sy skouers geneem het nie, Hy het elke ding wat jou bedreig het verslaan sodat jy voluit kan lewe.
God is alles wat jy nodig het. Gister, vandag en vir altyd.
Al hierdie praatjies oor porsies maak my honger. Ek gaan 'n koekie eet.
Dink hieroor na:
- Wat is die verskil tussen om iets te wil hê en om iets nodig te hê? Ek dink daaraan soos 'n sjokoladekoek. Ek is altyd daarvoor lus, maar ek sal dit regtig nooit nodig hê nie. Glo jy dus God se porsie vir jou is meer gebaseer op wat jy wil hê of nodig het? Lees Matteus 6:26-33. > Wat sê God deur sy woorde vir jou in hierdie verse?
- Om God se porsie te ken, vereis dikwels dat ons naby Hom moet kom, sy Woord lees en sy teenwoordigheid soek. Hoe doen jy dit vandag?
Aangaande hierdie leesplan
God gaan voor ons uit en beskerm ons van agter. Hy is alreeds besig om ons gevegte te hanteer. Hy kan sien wat in ons blindekol aangaan. Hy word nie deur onverwagse gebeure verras nie. Hierdie 3-dag leesplan sal jou bemoedig met die waarheid dat God die Voorsiener is van presies wat jy vir jou lewe nodig het.
More