Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld
'n Man na God se Hart
Deur Danny Saavedra
"Die Skrif sê mos die Christus kom uit die nageslag van Dawid en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was" — Johannes 7:42.
Stel jou voor jy kan kies tussen twee geskenke. Daar word vooraf gesê dat een geskenk R100 bevat en die ander een net R1. Die een geskenk is groot en buite-om pragtig versier terwyl die ander een onindrukwekkend toegedraai is. Watter een sal jy kies? Die meeste mense sal waarskynlik die mooier geskenk kies omdat hulle vermoed dat die R100 daarin is.
Ons leer in die Bybel van 'n man met die naam Dawid. In daardie tyd het die volk Israel nie 'n koning gehad nie en die mense wou regtig graag een hê. Dit was amper soos wanneer jou land nie 'n president het nie. God het dus vir koning Saul aan hulle gegee, maar hy het later van God af weggedraai.
Dit is toe dat God die man, Samuel, gestuur het om 'n nuwe koning te soek. Toe Samuel by Isai se huis kom, het hy gedink dat God seker die oudste en grootste seun as koning wou hê. In plaas daarvan, het God die jongste seun, Dawid, gekies wat in die veld skape opgepas het.
God het vir Dawid gekies al was hy nie so groot en aantreklik soos sy ouer broers nie. God het nie omgegee dat Dawid nie soos 'n sterk koning gelyk het nie. God het eerder vir Dawid gekies omdat Hy geweet het Dawid het Hom met sy hele hart lief en is ook gehoorsaam aan Hom.
Net soos God, moet ons nooit 'n geskenk, ander mense of enigiets anders beoordeel volgens hoe dit van buite af lyk nie. Wat werklik saak maak is wat aan die binnekant is!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.
More