Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld
Vertrou op die Naam
Deur Danny Saavedra
"Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos" — Matteus 1:21.
Ons het die afgelope paar dae oor sommige onverwagse en verrassende karakters gelees wat deel van Jesus se familie vorm. Van Ragab tot Josia en almal tussenin. Al was hul verhale verskillend, sien ons een deurlopende tema in elkeen se verhaal: hulle het almal op God vertrou en in Hom geglo.
Die mense wat God gekies het om Jesus se ouers te wees, was nie juis veel anders nie. Maria was 'n jong ongetroude meisie en haar verloofde, Josef, was 'n arm timmerman. Eendag het 'n engel meteens voor Maria verskyn en haar vertel dat sy 'n babaseun sou hê en Hom Jesus moes noem. Maria was verward. Sy en Josef was nog nie eens getroud nie, hoe kon sy dus nou 'n baba hê? Al het dit vreemd geklink, het sy op God vertrou.
Laat ons ook nie van Josef vergeet nie. Hy is in 'n moeilike posisie geplaas toe hy uitvind dat Maria swanger is. Gedurende daardie tyd was swangerskap voor die huwelik 'n ernstige misdaad en kon Maria in groot moeilikheid beland het. Tog, net soos Maria, het Josef op God vertrou! Toe die engel vir Josef vra om Maria as sy vrou te neem, was hy dadelik gehoorsaam.
Wat doen jy wanneer God jou vra om iets moeiliks te doen? Doen jy dit gewilliglik of ignoreer jy net vir God? Maria en Josef was gehoorsaam aan God al was dit regtig baie moeilik. Wanneer dit daarop neerkom om deel van Jesus se familie te word, moet ons op die Naam van Jesus vertrou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.
More