Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld

Family Christmas: A Devotional for Kids

DAG 10 VAN 12

Die Woord Word Sigbaar Gemaak

Deur Danny Saavedra

"Josia was ag jaar toe hy koning geword het ... Josia het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het in alles die pad van sy voorvader Dawid geloop ..." — 2 Konings 22:1.

Het jy al ook 'n Legokasteel gebou? Jy kan mos byna enige ding waaraan jy kan dink met Legos bou, nè? Stel jou voor dat jy nou 'n regte koning of koningin oor 'n koninkryk word. Dit is waar die verhaal van die jong seun Josia, die seun van Dawid, begin het toe hy die koning van Israel geword het toe hy maar net ag jaar oud was. 

In teenstelling met sommige konings van die verlede, het Josia vir God met sy hele hart liefgehad. Een van die dinge wat hy opgemerk het toe hy koning geword het, was dat die tempel ('n soort kerk) vervalle was en hy wou iets daaraan doen. Terwyl die bouers aan die konstruksie van die tempel begin werk het, het hulle iets gekry wat vir 'n baie, baie lang tyd al weg was. Dit was die geskrifte van die Bybel! Hulle het dit afgestof en vir Josia begin voorlees. 

Dit was vir Josia wonderlik om die Woord van God te hoor en hy is so daardeur verander, dat hy wou hê almal in sy hele koninkryk moes ook vir God volg! Weet jy wat hy hierna gedoen het? Hy het nie toegelaat dat die mense meer valse gode aanbid nie en het die hele koninkryk weer laat deelneem aan die Paasfees. Dink aan hierdie fees as 'n baie groot partytjie waar almal kon vier hoe goed God is en wat Hy regdeur hulle familiegeskiedenis gedoen het. 

Dink hierdie Kersfees aan maniere hoe jy God en sy Woord met ander kan deel. 

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Family Christmas: A Devotional for Kids

In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.

More

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org