Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 42 VAN 43

Lees: Hebreërs 13:20-25

SOAP: Hebreërs 13:20-21

God wat vrede gee, het ons Here Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die groot Herder van sy kudde is, uit die dood teruggebring. Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

Oordenking

Die skrywer van Hebreërs sluit af met ’n seënbede en gebed vir sy lesers. Hy sluit sy punte en argumente af deur lesers te herinner wie aan bewind is. Dit is God self wat ons toerus om sy wil te doen. 

In die eerste plek, rus God ons toe om sy wil te doen deur Jesus vir ons te gee. Hy het ’n nuwe verbond gestig deur die bloed van Christus wat vir ewig duur; een wat die verbond wat Hy met Israel gesluit het vervang. Jesus is ons voorspraak, ons rus, ons Hoëpriester, ons beter opoffering en ons vrede. Met ons geloof in Jesus het ons alles wat ons nodig het om sy wil te doen. Ons sal nie wegdwaal nie, want dit is God wat ons redding is.

Die boek Hebreërs bied aan ons ’n diepgaande boodskap van rus. Christus is ons opperste rus en in Hom vind ons vrede en ewige veiligheid. Ons kan ophou streef, wetende dat Hy vir ons ’n weg gebaan het. Selfs terwyl ons aanhou groei in ons geloof, rus God ons toe om — deur middel van die Heilige Gees — sy wil te doen en om Hom beter te leer ken. Wat ’n genade!

Gebed

Vader God, ek loof U vir die rus wat U my gee. Ek hoef nie daarna te streef om gered te word, om voor U te staan of dat my geloof sal groei nie, want U is in beheer en rus my toe op my pad. Help my om tot u eer te leef en te berus in die waarheid dat U die werk van verlossing en heiliging vir my doen. In Jesus naam. Amen.

Dag 41Dag 43

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/