Lewe Veranderd: Aanvaar Jou IdentiteitVoorbeeld

Living Changed: Embracing Identity

DAG 6 VAN 6

Aanvaar Jou Identiteit In Christus

Om te weet wat in die Bybel geskryf staan, en om dit so vas te glo dat dit die manier waarop ons ons lewens lei verander, is twee verskillende begrippe. Ons kan slegs die vermoë hê om moeilikhede met selfvertroue aan te pak as ons waarlik ons identiteit in Christus aanvaar. Dit vul ons lewe met vreugde, vrede en 'n doel. Dit laat ons toe om onsself lief te hê omdat Hy ons liefhet. Alles verander as ons verstaan wie ons is en wie s'n ons is, maar ons moet gedurig waaksaam wees.

Van die oomblik af wanneer ons begin glo dat ons waardig, geliefd en deur God afgesonder is, probeer die vyand om dit van ons af weg te neem. Hy haat dit as ons ons identiteit in Jesus vestig, want dit maak hom kragteloos in ons lewens en veroorsaak 'n rimpeleffek wat hoop aan ander bring. Ons kan nie toelaat dat die Satan ons aan ons verlede herinner of ons oortuig dat ons nie kan verander nie. Die Bybel sê ons is nuwe mense wanneer ons aan Christus behoort. Sy genade bedek ons sonde, ons skaamte en ons verlede. Ons moet stewig vashou aan die waarheid dat ons aan Hom behoort.

Dit herinner my aan 'n boom in ons agterplaas. Die eerste keer toe ons dit geplant het, het dit staalstutte nodig gehad om dit regop te hou en sterk te laat groei. Mettertyd het die boom om die stutte gegroei en was dit nie moontlik om die staal te verwyder nie. Nou is die stutte net nog 'n deel van die boom. Op dieselfde manier versterk God se waarheid ons. As ons lank genoeg daaraan vashou, word dit naderhand deel van ons identiteit wat nie verwyder kan word nie.

Aksieplan:

God het tyd afgestaan om versigtig elke klein besonderheid wat jou maak wie jy is, te vorm. Hy sien die ware jy en het jou onvoorwaardelik lief. Laat daardie waarheid by jou insink. Moenie daarvan wegskram, daarvoor wegkruip of dit in die wind slaan nie. Vra God se hulp om dit te glo en dit 'n onlosmaaklike deel van jou lewe te maak. Wanneer jy jou identiteit in Christus waarlik aanvaar, vind jy vryheid van die leuens wat jou vashou en die selfvertroue om enige beproewing in die gesig te staar.

Hemelse Vader, dankie dat U my na hierdie leesplan toe gelei het sodat ek die reis kan begin om my identiteit in U te plaas. Help my om die vals etikette wat om my nek hang raak te sien en help my om hulle met die waarheid te vervang. Help my om nie langer myself met ander te vergelyk nie of toe te laat dat my negatiewe selfgesprekke my selfbeeld vorm nie. Laat ek myself deur u oë sien — gesog, gekoester, bekwaam, met unieke talente en pragtig geskape. Ek wil deur U gedefinieer word en niks anders nie. Ek gee u waarheid die mag oor my lewe en vra dat U my sal wys hoe ek dit wat U my gegee het kan gebruik om u koninkryk uit te brei. Dankie vir u onvoorwaardelike liefde wat my nie los waar ek vasval nie, maar my altyd nader aan U trek. Ek is lief vir U en ek vertrou U. In die magtige Naam van Jesus. Amen.

Ons bid dat God hierdie leesplan gebruik om jou hart te bedien.

Verken ander Lewe Veranderd Leesplanne

Kom meer te wete oor "Changed Women's Ministries"

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Embracing Identity

Met so baie stemme wat vir ons vertel wie ons moet wees, is dit geen wonder dat ons sukkel om ons identiteit te plaas nie. God wil nie hê dat ons loopbane, ons getroude status of ons foute moet bepaal wie ons is nie. Hy wil hê dat sy mening oor ons die hoogste gesag in ons lewens sal wees. Hierdie 6-dag leesplan sal jou help om wat die Bybel sê jy is, deel van jou te maak en waarlik jou identiteit in Christus aan te gryp.

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com