Bou 'n Gesonde Kerk Voorbeeld
Gesonde Kerke het Baie Leraars
Jesus se bediening was baie anders as die Joodse godsdienstige bediening van daardie jare. Sy volgelinge was 'n groep onbeduidende manne wat deur die godsdienstige instelling oor die hoof gesien is. Hy het hulle nie net in die Bybel onderrig nie, maar ook praktiese opleiding gegee. Dis hoe die kerkvaders opgelei is en dis hoe die kerk veronderstel was om te werk te gaan. Die bedoeling was nie dat 'n kerk uit een leraar bestaan wat 'n groep mense bedien nie. Dit was bedoel om 'n groep mense te wees wat die wêreld bedien. Elke lid van jou kerk is 'n leraar en elke leraar speel 'n belangrike rol in die opdrag.
Gesonde kerke het baie leraars wat weet dat hulle geroepe is om die kerk te wees. Hulle is aktief en leer eerstehands. Hulle gebruik hulle talente om die opdrag van die kerk uit te voer — binne en buite die mure van die kerk. Hulle is dikwels die enigste weerspieëling van Jesus wat 'n verdorwe wêreld ooit sal sien. Hulle is elkeen leraars in hulle eie sendingvelde.
Terwyl jy vandag se Skrifgedeeltes lees, herinner jouself daaraan dat Jesus die kerk geskep het om aktief en sendinggerig te wees. Ons almal is leraars en is as kerk geroep om die wêreld te bedien.
Aangaande hierdie leesplan
As 'n predikant bring jy baie tyd deur om ander te lei en te bemoedig, maar die Bybel het ook bemoediging vir jou. Hierdie 10-dag leesplan verduidelik 10 praktiese maniere hoe jy jou kerk se gesondheid kan verbeter, deur volkome op God staat te maak. Bou 'n Gesonde Kerk, bevat kort, maar kragtige verse, asook 'n gedagte-vir-die-dag, en sal jou daaglikse gebedstyd 'n hupstoot gee.
More