Bou 'n Gesonde Kerk Voorbeeld

Die Plaaslike Kerk is die Hoop van die Wêreld
Ons glo dat die plaaslike kerk die hoop van die wêreld is. Jesus het in Matteus 16:18 gesê: "Ek sal my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie."
Die plaaslike kerk is God se kerk. Dis sy manier om die wêreld te bereik en ons glo dit behoort een van die mees effektiewe, opwindende en gesonde organisasies op die planeet te wees. In Handelinge, sien ons regdeur die geboorte en uitbreiding van die kerk ongelooflike Goddelike passie in leierskap, bereidheid om die evangelie te verkondig, kragtige eenheid tussen alle betrokkenes, bemagtiging deur die Heilige Gees en effektiwiteit om meer mense vir Christus te bereik.
Ons is die aaneenlopende verhaal van die kerk terwyl ons aanhou om tot die "uiterstes van die aarde" te gaan. Ons behoort passievol te wees om kerke gesond te hou en te sien uitbrei.
Terwyl jy die Woord van God lees, herinner en bemoedig jouself deur middel van die krag en momentum van die kerk van God. Mag ons nooit met minder as gesonde kerke tevrede te wees nie!
Hierdie leesplan is deur Network Churches verskaf, wat 'n bediening van Life.Church is. Om meer uit te vind oor hoe Network Churches plaaslike kerke wêreldwyd dien, besoek www.network.church">www.network.church.
Aangaande hierdie leesplan

As 'n predikant bring jy baie tyd deur om ander te lei en te bemoedig, maar die Bybel het ook bemoediging vir jou. Hierdie 10-dag leesplan verduidelik 10 praktiese maniere hoe jy jou kerk se gesondheid kan verbeter, deur volkome op God staat te maak. Bou 'n Gesonde Kerk, bevat kort, maar kragtige verse, asook 'n gedagte-vir-die-dag, en sal jou daaglikse gebedstyd 'n hupstoot gee.
More
Verwante Leesplanne

Om 'n Gesonde Kerk Te Plant

Leef met Visie

Klein Groepe, Enorme Groei

Hoe om 'n Naaste te wees

GAAN JY HOM MIS?

Skepper Gees

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

Kaalvoet Sielsgedagtes

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete
