Bou 'n Gesonde Kerk Voorbeeld
Gesonde Kerke Groei en Vermenigvuldig
Wat bring 'n appelboom voort? Dit klink dalk na 'n eenvoudige vraag, maar dikwels is ons antwoord onvolledig. Die antwoord "appels", is reg, maar op sigself beskryf dit nie die hele appelboom nie. Appelbome is veronderstel om meer appels dra, wat beteken dat dit bedoel is om meer appelbome voort te bring, wat veronderstel is om meer appels te dra, wat veronderstel is om nog meer appelbome voort te bring. Jy sien wat ek bedoel? Appelbome dra nie net appels nie. 'n Gesonde appelboom het nie net die potensiaal om baie appels te dra nie, maar om baie appelbome voort te bring.
Ons hou baie van hierdie voorbeeld as beeldspraak vir gesonde kerke. Gesonde kerke is nie net passievol om hul kerk uit te brei nie, maar ook om ander kerke te help uitbrei. Hulle invloed en groei strek verder as die mure van die kerk. Hierdie geweldige groei sien ons in die vroeë kerk. Dit was nie net mense van een gebied wat bereik en verander is nie, maar talle mense van verskillende gebiede wat saamgekom het om nog meer mense te bereik.
Aan die einde van Handelinge sien ons dat die kerke (meervoud) versterk was en daagliks gegroei het. Daardie geweldige groei is die rede hoekom ons nou hierdie leesplan lees! Groei is nie 'n keuse vir 'n gesonde kerk nie; dis 'n verantwoordelikheid. Groei gaan nie net oor een kerk nie. Dit gaan oor die "hoofletter K" kerk — die wêreldwye liggaam van Christus. Gesonde kerke groei en vermenigvuldig.
Ek bid dat God jou sal aanwakker om die krag en verantwoordelikheid van die kerk deel van jou lewe te maak en dat jy die goeie saad wat Hy in jou geplant het, sal raaksien wanneer jy vandag se Skrifgedeeltes lees! Net soos die vroeë kerk, is ons geroepe om te groei en te vermenigvuldig!
Aangaande hierdie leesplan
As 'n predikant bring jy baie tyd deur om ander te lei en te bemoedig, maar die Bybel het ook bemoediging vir jou. Hierdie 10-dag leesplan verduidelik 10 praktiese maniere hoe jy jou kerk se gesondheid kan verbeter, deur volkome op God staat te maak. Bou 'n Gesonde Kerk, bevat kort, maar kragtige verse, asook 'n gedagte-vir-die-dag, en sal jou daaglikse gebedstyd 'n hupstoot gee.
More