Wees Doelgerig In Jou HuwelikVoorbeeld
Daaglikse Beskerming
Vir sommige mense is dit natuurlik om ander te beskerm, maar nie vir almal nie. Ons praat nie net van fisieke beskerming nie, alhoewel dit tog deel daarvan vorm. Om jou huweliksmaat te beskerm, sal ook jou huwelik beskerm. Daar is soveel wat meeding om ons tyd, aandag en harte, dat dit wys is om ons huwelike te beskerm. Hier volg 'n paar gedagtes om jou huweliksmaat te beskerm.
Groei Deur Konflik
Konflik is onvermydelik, want ons gaan nie altyd saamstem nie en ons gaan geïrriteerd raak. Tog help konflik om ons huwelik te verdiep, want ons leer hoe om dit te verwerk en daardeur te kom. Die vermoë om te herstel van die skade wat konflik aanrig, is 'n noodsaaklike komponent vir 'n lang en suksesvolle huwelik. Moenie probeer om die probleem opsy te skuif en moeilike situasies te vermy nie. Wanneer julle konflik beleef, kies om saam met jou huweliksmaat te veg, nie teen mekaar nie. Die konflik mag jou huweliksmaat dalk seermaak, maar moenie dit doelbewus doen nie. Werk op 'n gesonde manier deur konflik om mekaar sodoende te beskerm. Bestee tyd om te ontleed wat die konflik veroorsaak. Vra vir mekaar: “Voel jy ons stry regverdig en dat ons konflik goed hanteer?”
Liefdevolle Eerlikheid
Daar behoort 'n kultuur van eerlikheid in die huwelik te wees. Dit kan net bereik word as albei glo dit is belangrik om eerlik te wees. Dikwels wil ons nie heeltemal eerlik wees nie uit vrees vir verwerping, of omdat ons nie die ander een met die waarheid wil seermaak nie. Ons dink deur die waarheid te vermy, gaan die ander persoon nie seerkry nie, maar dit veroorsaak meer pyn. Eerlikheid beskerm die huwelik teen misleiding en bedrieëry. As ons in die klein dingetjies eerlik is, sal dit ons lei om in alle omstandighede eerlik te wees. Kyk eerlik na jul huwelik. Bespreek die rol wat eerlikheid of misleiding in jul huwelik speel. Ontleed die terreine waar aanpassings nodig is.
Dink 'n Stap Vooruit
Hierdie aspek van die huwelik is so eenvoudig, maar kan 'n belangrike verskil maak. Elke huweliksmaat het sy eie kwellinge, laste en swaarkry om te dra. Deur maniere te vind om empatie te toon en mekaar se verantwoordelikhede raak te sien, sal julle help leer hoe om mekaar te dien. Wanneer julle dit doen, sal julle nie eens mekaar om begrip hoef te vra nie. Soek maniere hoe julle mekaar se skedules kan beskerm sodat dit nie oorvol raak nie. Verras mekaar deur takies namens die ander een te verrig. Deur sulke klein dingetjies te doen, wys julle dat julle waarlik omgee en die begeerte het om mekaar te beskerm.
Oordink die volgende:
Op watter gebied moet jy jou huwelik verbeter? Groei deur konflik, eerlikheid of om 'n stap vooruit te dink?
Aangaande hierdie leesplan
'n Sterk en gesonde huwelik gebeur nie net toevallig nie. Die sleutel tot die huwelik waarvan jy nog altyd gedroom het, is om doelgerig te wees. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verskeie onderwerpe bespreek wat jou sal help om die proses te begin om doelgerig te wees met jou eggenoot sodat jou huwelik kan wees wat jy nog altyd wou hê.
More