Wees Doelgerig In Jou HuwelikVoorbeeld
Daaglikse Ondersteuning
Die wêreld waarin ons leef is nie altyd vriendelik nie. Jy sal vind dat mense oor elke onderwerp verskillende opinies het. Dit is waarom jou huweliksmaat jou naaste aardse verhouding moet wees, en julle mekaar se grootste bron van ondersteuning moet wees. Dit is ons wat mekaar “ondersteun,” en wat “aan mekaar se kant is.” Hier volg 'n paar voorbeelde hoe om jou huweliksmaat se grootste ondersteuner te wees.
Praat Met Liefde
Woorde dra baie gewig. Wanneer ons met ander praat, kan ons hulle verbly of terneergedruk laat voel, hulle komplimenteer of veroordeel, hulle help of seermaak. Die woorde wat uit ons monde rol, doen tipies een van die volgende twee dinge: dit bou op of breek af. Wanneer stemme van oral af ons huweliksmaat se hart stukkie vir stukkie afbreek, moet dit ons wees wat liefde, geluk en hoop in hul lewens terugbring. Vra die Heilige Gees om jou alarm te wees wanneer jy dinge sê wat nie jou huweliksmaat opbou nie. Dit sal jou verstom wat dit aan jou huweliksmaat doen wanneer jy jou woorde tel. Dink deur die dag aan die woorde wat jy gebruik wanneer jy met of oor jou huweliksmaat praat en maak seker hy of sy weet jy is hul grootste ondersteuner.
Wys Empatie
Empatie is 'n eienskap wat vir die meeste mense nie maklik of natuurlik kom nie. Wat is dit? Dit is die vermoë om iemand anders se standpunt te probeer verstaan en wat dit is om in “hulle skoene” te wees. Wanneer ons dit doen, help dit ons om in enige situasie ons optrede aan te pas. Alhoewel dit miskien aanvanklik onnatuurlik is, kan dit gekweek en aangeleer word. Dit vereis net 'n bietjie moeite van ons kant af om die noodsaaklikheid daarvan in ons verhouding te verstaan. Jou huweliksmaat is nie jy nie, en die omgekeerde is ook waar. Wanneer jou huweliksmaat iets met jou deel of op 'n spesifieke manier optree, moet jy die agtergrond, ondervindinge, en stryd wat hul dade voorafgaan verstaan. Deur te probeer verstaan hoekom hy dit gedoen en gesê het, sal jou meer empatie gee wanneer dit uitdagend raak om jou huweliksmaat te verstaan. Voor die dag verby is, vra vir jou huweliksmaat hoe jy gevaar het in jou begrip van die gebeure.
Kampioenskap Drome
Almal het drome en begeertes, ook jou huweliksmaat. Sommige drome kan bewaarheid word. Ander drome is enorm en bokant ons vermoëns. Soos reeds genoem, kan hierdie wêreld baie naar wees en mense sal dinge doen en sê om ons drome in duie te laat stort. Bestee tyd daaraan om te weet wat jou huweliksmaat se drome en begeertes is, en luister in opregtheid. Moedig jou huweliksmaat aan om uit sy gemaksone te tree en dat jy gewillig is om te help. Ons drome mag ongemaklik wees, wat dan 'n geleentheid skep om mekaar te ondersteun en gewillig saam die pad te stap na die verwesenliking van mekaar se drome.
Oordink
Op watter gebied moet jy in jou huwelik verbeter? Deur met liefde te praat, empatie te toon of drome te ondersteun?
Aangaande hierdie leesplan
'n Sterk en gesonde huwelik gebeur nie net toevallig nie. Die sleutel tot die huwelik waarvan jy nog altyd gedroom het, is om doelgerig te wees. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verskeie onderwerpe bespreek wat jou sal help om die proses te begin om doelgerig te wees met jou eggenoot, sodat jou huwelik kan wees wat jy nog altyd wou hê.
More