Eindig op 'n Hoë NootVoorbeeld
Jou Doel is Blywend
"En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit" Psalm 1:3 AFR53.
Dit is wat die hart van God van ons in ons laaste lewenstydperk verlang. Om nie te verwelk nie. Geplant soos 'n boom. Vrugte op sy tyd te dra. Van die begin af was God se doel vir ons om Hom lief te hê, en vanuit daardie liefde, moet ons ander vurig liefhê — om 'n ryke nalatenskap van getrouheid en liefde agter te laat.
Vanuit ons diep wortels in die Woord van God en ons eenwording met Hom, is ons geloof 'n lewendige voorbeeld aan ander, 'n weerkaatsing van sy heerlikheid wat deur ons unieke persoonlikhede en gawes uitgedruk word. Jy het eienskappe wat deur ervaring ontwikkel het en deur baie beproewings gesuiwer is. Jy het ontsaglik baie geleenthede gehad om in deernis en genade te groei. Nou het genade 'n dieper betekenis, liefde is soveel ryker, en jy kan ten volle getuig van God se getrouheid. Jy maak nou ewige beleggings in 'n blywende nalatenskap van lewe en liefde.
Selfs as jy in jou huis vasgekluister is, is jy nog steeds 'n koninkryksbouer. Jou doel om ander lief te hê, lewe jy uit deur foonoproepe of teksboodskappe, terwyl jy verhoudings lewendig en gesond hou en bemoediging en waarheid met ander deel. As 'n ouer persoon, is jou beste posisie op jou knieë (of in jou stoel) waar jy vir hierdie geslag bid en hulle wat volg.
Al verander ons lewenstydperke, bly ons doel dieselfde. Vra God om jou te help om hierdie tydperk waarin jy is, te waardeer, selfs as jy nie daar wil wees nie. In plaas daarvan om te konsentreer op wat verlore is en verander het, kan jy liewer jou aandag vestig op wat jy kan doen en op wat jy wel het. Eerder as om spyt oor die verlede te wees, moet jy onthou dat sy genade elke oggend nuut is en om wakker te word is 'n goeie ding!
Jy is nog hier en Hy is nog nie met jou klaar nie! Vra God om jou doel vir jou lewendig te maak. Dan kan jy moedig na vore tree en kyk hoe Hy alles wat Hy jou gegee het vermenigvuldig.
Vanuit sy Gees, diep binne jou, kan jy besluit om elke dag van hierdie finale lewenstydperk met ywer, vreugde en groot verwagting te lewe.
"Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het" Filippense 3:12.
Ons hoop dat hierdie leesplan jou bemoedig het. Ontdek Ander Bronne in YouVersion
Maak kontak met Robin op Instagram @manymeadows
Aangaande hierdie leesplan
Ons is nou die ouer geslag: die seniors, die ouer mense, die bejaardes. Alhoewel ons geweet het dit sal gebeur, het dit hopeloos te gou gekom. In hierdie tydperk, moet ons die vraag vra: "Hoe eindig ek op 'n hoë noot?" Staan 'n paar dae af om saam met Robin Meadows te kyk wat die Woord van God oor ons doel in hierdie laaste jare sê.
More