Eindig op 'n Hoë NootVoorbeeld
'n Keuse
Dit is 'n gegewe. Ons word almal elke dag ouer, wat jy moet erken, baie beter as die alternatief is. Ons het geweet dit is op pad, maar dit is hopeloos te gou hier. Ons is die ouer geslag: die seniors, die oues van dae, die bejaardes op die mediese fonds. Swaartekrag en plooie het die stryd gewen, en by die gimnasium val ons nou in die fiksheidsprogram vir bejaardes. Om bejaard te wees, moet mos darem 'n goue randjie hê, of hoe?
Ons liggame wat voorheen sterk was, verraai ons nou omdat ons nuwe pyne ontdek wat gister nie daar was nie. Dit neem ook ietwat langer om onsself voor die spieël reg te trek. Wie is daardie ouer persoon wat uit die spieël na my kyk? Waar op aarde het daardie growwe wit en grys hare vandaan gekom? Dit voel of alles 'n bietjie langer neem omdat ons gewrigte protesteer en ons treë al stadiger raak.
Wat van tyd? Tyd het nie stadiger geraak nie. Die dae en jare vlieg verby en ons kom te staan voor die wrede werklikheid dat ons meer jare agter ons as voor ons het.
Ons lewe op aarde is eenmalig. In hierdie lewenstydperk, is die vraag wat ons moet vra: "Hoe kan ek op 'n hoë noot eindig?" Gaan ek terugsit en myself bejammer oor wat ek nie meer kan doen nie? Gaan ek treur oor die tyd wat verby is? Of gaan ek in afwagting vorentoe kyk en besluit om my laaste jare doelgerig te lewe, ongeag my ouderdom of beperkinge?
Wat sal jy kies?
Ons vyand maak daarop staat dat ons sal moed verloor, in die hoop dat ons met hom sal saamstem dat daar nie meer behoefte aan ons is nie, en ons nie langer nodig is nie. Ek en jy kan egter stewig teen hom stelling inneem en vanuit ons koninkryksplek van ervaring en wysheid volhard.
Hierdie rol is noodsaaklik en van ewige belang vir hulle wat na ons kom. Sal ons dit dus aanvaar en glo?
Bring nou 'n paar dae met my deur om te kyk wat die Woord van God te sê het hoe om op 'n hoë noot te eindig.
(Lees vandag se Skrifgedeelte uit die Bybelweergawe wat jy verkies.)
Aangaande hierdie leesplan
Ons is nou die ouer geslag: die seniors, die ouer mense, die bejaardes. Alhoewel ons geweet het dit sal gebeur, het dit hopeloos te gou gekom. In hierdie tydperk, moet ons die vraag vra: "Hoe eindig ek op 'n hoë noot?" Staan 'n paar dae af om saam met Robin Meadows te kyk wat die Woord van God oor ons doel in hierdie laaste jare sê.
More