God Is My VaderVoorbeeld

God Is My Father

DAG 4 VAN 10

Ek is aangeneem en is geliefd, ek is 'n kind van God.

Wanneer het God besluit om jou in sy familie aan te neem? Was dit toe jy Jesus gevra het om jou Here en Redder te wees? Nee. Voor dit. Was dit die eerste keer toe jy van Jesus gehoor het? Nee — voor dit ook! Was dit die dag wat jy gebore is? Nee! God het besluit om jou aan te neem lank voor jy gebore is, lank voor jou ma gebore is, selfs nog voordat enigiemand anders gebore is. Dit is hoe lief God jou het!

Speel die Deurmekaar plakpapiertjie speletjie om jou te help om Efesiërs 1:5 te memoriseer en kyk dan na die video sodat jy dit met jou vriende kan deel!

Die deurmekaar plakpapiertjie speletjie

  1. Vra jou ma vir plakpapiertjies en 'n potlood.
  2. Skryf elke woord van Efesiërs 1:5 op die plakpapiertjies. Skryf net een woord per papiertjie.
  3. Maak die papiertjies deurmekaar en kyk of jy dit weer in die regte volgorde kan terugsit.

Bespreek: Hoe wys God dat Hy jou aangeneem het en liefhet?

 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God Is My Father

Sommige kinders ken hul aardse pa's; ander nie, maar ons almal kan die beste Pa in die wêreld leer ken — God, ons hemelse Vader! Vir ouers: jou kind sal 'n meer omvattende begrip van elke dag se leesstof en vrae hê as jy die leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in om te speel, wat sal help om verse te memoriseer. Jy sal moontlik wil toesig hou oor die gebruik van die bronne.

More

Ons wil graag vir LifeKids bedank dat hulle hierdie plan voorsien het. Vir verdere inligting besoek asseblief: www.life.church