God Is My VaderVoorbeeld
God het sy eerste Kersgeskenk aan ons gegee om ons te wys hoe om lief te hê en te lewe.
Voor alle tye het God al 'n plan gehad. Hy het beplan om die eerste Kersgeskenk — sy Seun, Jesus — te gee. Jesus het gekies om op aarde te leef as 'n voorbeeld van God se heel belangrikste eienskap: LIEFDE! Ander mense sal weet jy is 'n kind van God wanneer hulle sien dat jy soos Hy liefhet.
Bespreek: Hoekom dink jy verwys die Bybel na Jesus as die Woord en die ware Lig?
Aangaande hierdie leesplan
Sommige kinders ken hul aardse pa's; ander nie, maar ons almal kan die beste Pa in die wêreld leer ken — God, ons hemelse Vader! Vir ouers: jou kind sal 'n meer omvattende begrip van elke dag se leesstof en vrae hê as jy die leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in om te speel, wat sal help om verse te memoriseer. Jy sal moontlik wil toesig hou oor die gebruik van die bronne.
More