God Is My VaderVoorbeeld
Ek is aanvaar en is geliefd, ek is 'n kind van God.
Josef het Jesus as sy eie seun aanvaar. Hy het vir Jesus liefgehad en Hom grootgemaak. God wil dit vir jou doen. Dit is hoekom Hy vir ons die eerste Kersgeskenk gegee het: sy Seun, Jesus. Wanneer jy Hom as geskenk aanvaar deur Jesus te kies as jou leidsman wat jou sondes vergewe, word jy in God se familie aangeneem. Dan sal jou hart weet dat God die beste pa ooit is.
Bespreek: Hoe het Josef gewys dat hy Jesus liefhet en Hom aangeneem het? Hoe wys God dat Hy die beste pa ooit is?
Aangaande hierdie leesplan
Sommige kinders ken hul aardse pa's; ander nie, maar ons almal kan die beste Pa in die wêreld leer ken — God, ons hemelse Vader! Vir ouers: jou kind sal 'n meer omvattende begrip van elke dag se leesstof en vrae hê as jy die leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in om te speel, wat sal help om verse te memoriseer. Jy sal moontlik wil toesig hou oor die gebruik van die bronne.
More