Angstig Oor GeldVoorbeeld
Herstel Jou Verwysingsraamwerk
Die manier waarop ons geld en besittings sien, is net so belangrik as hoe ons dit bestee en gebruik. As ons vir hierdie deel van ons lewens bang is, sal ons waarskynlik minder geneig wees om veranderinge te maak om sodoende 'n beter beskouing oor geld te hê. As ons dit sien as 'n geleentheid om nie net 'n sterker finansiële toekoms te hê nie, maar ook om daarna vanuit 'n nuwe perspektief te kyk, is daar geen perke vir God om ons te gebruik nie.
Die Skrifgedeelte aan die einde van Matteus 6:19-34 is waarskynlik die gewildste in die Nuwe Testament wanneer dit by geld en bekommernis kom. Dit was duidelik 'n probleem sedert Jesus die aarde bewandel het, want Hy het toe al daaroor gepraat. Daar is soveel insig en wysheid in hierdie 16 verse, maar kom ons ontleed die kerngedeeltes sodat ons ons verwysingsraamwerk kan regstel wanneer dit by finansiële angs kom.
Hierdie Aarde Is Nie Ons Tuiste Nie
Daar is 'n rede waarom Jesus vir ons sê: "Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak [nie] ..." (Matteus 6:19). Dit is omdat hierdie aarde, hoewel ons tans hier woon, nie ons finale bestemming is nie. Vir die volgeling van Jesus is die tyd wat ons op die aarde deurbring geen vergelyking met ons ewigheid in die hemel nie. Dit is hoekom ons aangemoedig word om na die groter prentjie te kyk wanneer ons God en ander liefhet, en van Jesus teenoor ander getuig — omdat die ewigheid langer is as wat ons nietige denke kan begryp.
Dien God
Geld en besittings is spoggerig en pret. Geen wonder ons begeer dit nie! Die probleem met geld is dat ons dikwels daardeur verwar word. Ons het dít lief in plaas daarvan om God lief te hê. Geld en besittings kan geniet word, maar die oomblik dat dit in ons harte leef, het ons God vervang. Ons kan nie albei dien nie. Kom ons het God lief met ons hele hart en geniet die seëninge wat Hy vir ons gee, en nie andersom nie.
Stoot Bekommernis Opsy
Jesus het ons geleer dat bekommernis vergeefs is. Dit dra geen vrugte nie. Daar is absoluut niks wat daarvan kan kom nie. Bekommernis sou sin gemaak het as dit produktief was. Dit is nie. Om oor 'n situasie bekommerd te wees, verhoed nie dat dit gebeur nie. Die oomblik wanneer ons agterkom ons is oor geld bekommerd, moet ons dit erken en direk na God toe gaan met daardie bekommernis.
Dink Aan Die Voëls
Jesus het vir ons gesê dat vir die voëls in die lug en die blomme in die veld voorsien word. Hulle is net voëls en blomme! Hoeveel meer gee Hy vir ons om? 'n Onmeetlike hoeveelheid! Hy gee meer vir ons om as vir alle ander dinge wat Hy geskep het. Hy het nie aan die kruis vir hulle gesterf nie — Hy het vir óns gesterf! Wanneer jy dus 'n voël sien, onthou hoe lief God jou het.
Niks is vir God onmoontlik nie. Hy is magtig, liefdevol en getrou aan sy beloftes. Kom ons vernuwe ons verwysingsraamwerk en vertrou te alle tye op Hom.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Finansiële angs kom in ons lewens voor wanneer ons ongemaklik, senuweeagtig, bang of benoud oor ons finansies is. God wil nie hê dat ons finansieel onrustig of bang moet leef nie. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verken wat die Bybel oor ons finansies sê, en praktiese stappe ontdek waarmee ons vorentoe kan beweeg.
More