Angstig Oor GeldVoorbeeld

Anxious About Money

DAG 3 VAN 5

Beraam 'n Plan

Hopelik het jy 'n bietjie tyd daaraan gewy om redes neer te pen waarom jy in 'n finansiële verknorsing is. Ons redes sal almal verskillend wees. Sommige van ons doen alles wat ons kan om minder te spandeer, maar het dalk jare gelede 'n verkeerde finansiële besluit geneem wat nou 'n uitdaging is om reg te stel. Ander het weer werklik te kampe met besteding en het 'n verslawing geskep wat moeilik is om te bevredig. Sommige het besef dat die werk wat ons doen, alhoewel dit bevredigend is, nie voorsien in ons behoeftes of die behoeftes van ons gesinne nie. Met hierdie nuutgevonde begrip, is dit tyd om 'n plan te maak.

Stel 'n Begroting Op
Sommige mense dink begrotings lê ons aan bande, maar die realiteit is dat begrotings juis bedoel is om jou vry te maak om geld sonder kommer te spandeer. Gaan dus jou uitgawes van die vorige maande na en kyk wat in die begroting moet wees en wat nie. 

Wis Jou Skuld Uit 
Daar is waarskynlik niks anders wat ons so kan wurg as finansiële skuld nie. Ons werk om ons skuld af te betaal. Volg jy hierdie reël, kan jy nooit regtig finansiële vryheid bereik nie. Of jy 'n klein molshopie skuld het of die ekwivalent van die hoogste piek van die Drakensberge, begin stappe doen om dit van jou finansiële portefeulje te verwyder. Jy gaan onmeetbare vryheid ondervind deur niks te skuld nie, maar eerder te besit wat jy het. 

Begin Spaar
Dit is die belangrikste deel van ons finansies! Soos genoem op dag twee, sal daar onverwagte dinge opduik waarvoor ons nie finansieel voorbereid is nie. Dit is hoekom ons spaargeld het — om vir die onvoorsiene gereed te wees. Begin vandag spaar deur jou besteding aan te pas en ook vas te stel wat jy kan verkoop. Jy kan maklik jou spaargeld opbou deur sommige items aanlyn te verkoop. Om 'n spaarrekening of noodfonds te hê, is vir werklike noodgevalle, nie om goed te koop, uit te eet, of om te reis nie.

Hierdie drie dinge is almal goeie stappe om te doen as jy jou finansies beplan, maar jy mag steeds verward of oorweldig voel. Dit is waar mense ter sprake kom! Kyk na die mense om jou wat jy weet finansieel vry is en vra hulle raad. Bestee tyd daaraan om van hulle te leer sodat jy by hulle wysheid en insig kan bekom. Dit sal tyd neem om jou plan te sien vrugte afwerp, maar dit sal die moeite werd wees.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Anxious About Money

Finansiële angs kom in ons lewens voor wanneer ons ongemaklik, senuweeagtig, bang of benoud oor ons finansies is. God wil nie hê dat ons finansieel onrustig of bang moet leef nie. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verken wat die Bybel oor ons finansies sê, en praktiese stappe ontdek waarmee ons vorentoe kan beweeg.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.