Wat is Bybelse Geregtigheid?Voorbeeld

What is Biblical Justice?

DAG 4 VAN 4

Makliker Gesê As Gedaan  

Alle huise is op fondamente gebou wat die gewig van enigiets wat daarop gebou word, ondersteun of dra. Die Skrif sê dat regverdigheid en geregtigheid die fondamente van God se troon is. Dis waar ek die Bybelse betekenis van geregtigheid kry (die onpartydige en billike toepassing van dié reël in God se morele wet in die samelewing.) 

Regverdigheid is God se standaard vir die mensdom, wat Hy in die Skrif verduidelik, terwyl geregtigheid 'n term is wat gebruik word vir "dit wat reg is" of "soos dit behoort te wees". Wanneer jy daardie twee bymekaar bring, word Bybelse geregtigheid 'n daad waar mense God se morele standaarde op mekaar toepas. Ons moet met ander woorde nie net oor geregtigheid praat nie, maar dit ook beoefen. Dis hoekom die Skrif vir ons opdrag gee om "reg te laat geskied".

Bybelse geregtigheid is gevestig in die soeke om na ander mense wat hulself nie kan verdedig nie, se welsyn om te sien. Hoekom? Juis omdat hierdie mense dikwels mishandel en onregverdig behandel word. Die Skrif sê dat ons besorg moet wees oor die armes, die weduwees, weeskinders en vreemdelinge en hulle moet versorg. Dit is ook van toepassing op groepe wat as gevolg van hul ras onderdruk word. Eintlik beteken dit dat ons hulle wat die kwesbaarste is om onder ongeregtigheid te lei, moet verdedig en hul welsyn op die hart dra. Die Bybel sê dat ons aan almal moet goed doen, dus is geregtigheid vir almal wat onbillik behandel word. Wanneer ons omstandighede sien wat nie reg is nie, wat teen God se morele standaarde indruis, is dit ons plig as gelowiges, om op te tree. Ons kan nie net oor geregtigheid praat nie; ons moet dit uitleef. Daarom sê Miga 6:8: "Laat reg geskied." Dit praat nie oor hoe ons oor geregtigheid moet voel of nie, dit sê ons moet toesien dat dit toegepas word. 

Watter praktiese maniere is daar waarop jy "reg kan laat geskied" in jou lewe?

Ons hoop dat hierdie leesplan jou bemoedig het. As jy nog meer inligting soek, klik hier. 

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What is Biblical Justice?

Daar word deesdae baie op die woord, geregtigheid, gefokus en dit moet ook so wees. Geregtigheid is uiters noodsaaklik vir 'n gemeenskap om goed te funksioneer. Baie mense ag dit egter gering, omdat hulle nie weet wat dit beteken nie. Daar is beslis 'n regte siening van geregtigheid, wat poog om die individu se vryheid te beskerm en verantwoordelikheid aan te moedig. In hierdie 4-dag leesplan ondersoek dr. Tony Evans ware Bybelse geregtigheid.

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/