Wat is Bybelse Geregtigheid?Voorbeeld

What is Biblical Justice?

DAG 1 VAN 4

Wat is Geregtigheid?

Die lewe draai om verhoudings. Die meeste kere kom daar wrywing in 'n verhouding as gevolg van misverstande. Die een persoon sien 'n insident op 'n sekere manier, maar die ander persoon sien dit heeltemal anders. Elke persoon kan nie verstaan hoekom die ander een nie die omstandighede uit hulle oogpunt kan sien nie, en dikwels veroorsaak dit hewige struwelinge. Die probleem is dat ons verskillend na dinge kyk, omdat ons almal verskillend dink. 

Geregtigheid is een van daardie misverstande. Sosiale geregtigheid het veral 'n verdraaide woord geword, wat verskillende dinge vir verskillende mense beteken. Dit word dikwels deur regerings as 'n trefwoord of -frase gebruik om die onwettige vorme van herverdeling van rykdom en die uitbreiding van plaaslike owerhede te bevorder. Hierdie siening van sosiale geregtigheid is 'n ontkenning van ware geregtigheid. Byvoorbeeld: die Bybelse opdrag, "Jy mag nie steel nie", geld ook vir regerings wat diefstal bekragtig deur verpligte herverdeling van rykdom en onwettige belastings. 

Dis hoekom ek die benaming "Bybelse geregtigheid" gebruik. Bybelse geregtigheid streef daarna om die individu se vryheid te beskerm en persoonlike verantwoordelikheid aan te moedig. Dit is die billike en onpartydige toepassing van God se morele wet in die samelewing. Daar is nie 'n duidelike en regte verduideliking van geregtigheid sonder om God in ag te neem nie. Om geregtigheid te verstaan, moet ons dus in God se Woord delf. Die Bybel veroordeel ongeregtigheid, want God self is regverdig. Hy is die finale Wetgewer en as sulks neem Hy sterk standpunt in teen ongeregtigheid. Sy wette is regverdig en moet sonder partydigheid toegepas word, want geregtigheid hou verband met die morele standaard waaraan God mense se optrede meet. 

Die kern van Bybelse geregtigheid is die onpartydige toepassing van God se morele wet, in alle sfere van die samelewing, insluitende ekonomiese, politieke, sosiale en kriminele geregtigheid. Enige ander definisie van geregtigheid is nie genoegsaam nie. 

Waaraan dink jy as jy die woorde "sosiale geregtigheid" hoor? 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What is Biblical Justice?

Daar word deesdae baie op die woord, geregtigheid, gefokus en dit moet ook so wees. Geregtigheid is uiters noodsaaklik vir 'n gemeenskap om goed te funksioneer. Baie mense ag dit egter gering, omdat hulle nie weet wat dit beteken nie. Daar is beslis 'n regte siening van geregtigheid, wat poog om die individu se vryheid te beskerm en verantwoordelikheid aan te moedig. In hierdie 4-dag leesplan ondersoek dr. Tony Evans ware Bybelse geregtigheid.

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/