Wat is Bybelse Geregtigheid?Voorbeeld

What is Biblical Justice?

DAG 2 VAN 4

Geregtigheid en Vryheid

In teenstelling met wat sommige mense voel, is vryheid die doel van Bybelse geregtigheid. Vryheid kan as volg verduidelik word: 'n vrymaking van ongeoorloofde slawerny, met die doel om verantwoordelikheid te aanvaar om ten volle 'n werklikheid te maak van alles waarvoor jy geskape is. Bybelse geregtigheid moedig vryheid aan met die bevestiging van aanspreeklikheid, gelykheid en verantwoordelikheid deur die geestelike en sosiale terreine met mekaar te verbind. Dit beteken dat Bybelse geregtigheid en vryheid op geestelike waarheid gebaseer moet word, wat voortspruit uit ons vertikale verhouding met God en uitgeleef word in ons horisontale verhouding met mekaar. Met ander woorde, Bybelse geregtigheid behels om God en ander lief te hê. 

Jesus bring ons gesindheid teenoor God (die geestelike) in verband met ons gesindheid teenoor ander (die sosiale). Liefde is nie net 'n gevoel nie, maar eerder 'n daad. Liefde streef deernisvol en in regverdigheid na die welsyn van ander. As die liefde vir ander dus daaroor gaan om hulle beste belange op die hart te dra, moet ons poog om enige persoon vry te maak van onderdrukking en onregverdigheid. Ons sien dit in Jesus se aardse bediening. Hy het die koninkryk (die geestelike) verkondig, maar Hy het ook aan die mense se fisiese behoeftes (die sosiale) aandag geskenk.

Wanneer ons vir Bybelse geregtigheid en vryheid veg, moet ons 'n gebalanseerde aanslag hê. Ons moet sonde uit die weg ruim en die evangelie versprei. Dis egter net so belangrik om op te staan teen ongeregtighede, hetsy ras, sosio-ekonomies, polities of strafregtelik. Indien die evangelie jou lewe verander het, moet jy God prys. As dit met jou goed gaan en God jou geseën het, moet jy Hom prys. Jy moet egter goed verstaan dat God nie vir ons vryheid gee net vir onsself nie. Hy wil hê dat ons ander mense sal help om ook hul vryheid te kry. Dis waar Bybelse geregtigheid ter sprake kom en dis hoekom God vir ons sê om namens die swakkes te veg, te praat namens mense sonder invloed en om die regte van die verdruktes en minder bevoorregtes te verdedig.

Hoe sluit jou liefde vir God by jou liefde vir ander mense aan? 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What is Biblical Justice?

Daar word deesdae baie op die woord, geregtigheid, gefokus en dit moet ook so wees. Geregtigheid is uiters noodsaaklik vir 'n gemeenskap om goed te funksioneer. Baie mense ag dit egter gering, omdat hulle nie weet wat dit beteken nie. Daar is beslis 'n regte siening van geregtigheid, wat poog om die individu se vryheid te beskerm en verantwoordelikheid aan te moedig. In hierdie 4-dag leesplan ondersoek dr. Tony Evans ware Bybelse geregtigheid.

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/