Tony Evans verken versoening tussen rasseVoorbeeld
Bybelse versoening
Sondagoggende is dikwels die mees afgesonderde tyd van die week, omdat ons 'n ingesteldheid van verdraagsaamheid ingeneem het. Die doel van versoening is nie verdraagsaamheid of om met ander rasse opgeskeep te wees nie. Ongelukkig is daar in die meeste kerke steeds afsondering, omdat ons slegs met ander rasse bymekaarkom wanneer ons dit moet doen. Wanneer ons na rasse versoening in Christelike kringe verwys, is dit eintlik maar net afgewaterde sosiologie, met 'n bietjie Jesus daarby, sodat ons dit Bybels kan noem. Om egter die skeidingsmure in die kerk af te breek, moet ons met 'n beter doel as verdraagsaamheid begin, naamlik Bybelse versoening.
Ons kan Bybelse versoening as volg definieer: om die sonde wat tot skeiding tussen rassegroepe gelei het, uit die weg te ruim sodat hulle met mekaar kan verbind, op grond van hul gemeenskaplike toewyding aan Jesus Christus, met die doel om ander te dien.
Die sonde wat hier ter sprake is, is rassisme. As ons dit iets anders as sonde in God se oë sou sien, benader ons dit nie meer vanuit 'n koninkryk siening nie. Versoening gaan oor verhoudings. Om te versoen beteken in wese om vriendskap te herstel. Die doel is nie slegs om berou oor die sonde van rassisme te hê nie, maar dis daarop gerig om opregte vriendskappe te ontwikkel met rasse en kulture wat van joune verskil. Wanneer ons berou het oor die sonde van rassisme en verhoudings oor rassegroepe heen ontwikkel het, kan ons ons gemeenskappe in eensgesindheid dien. Die kerk is veronderstel om die sout en lig van ons gemeenskappe te wees, ongeag verskillende bevolkingsgroepe.
Aan watter deel van Bybelse versoening moet jy werk?
Ons hoop jy het hierdie leesplan geniet. Vir nog inligting, klik hier.
Aangaande hierdie leesplan
In plaas van eensgesindheid, verdra baie mense bloot net ander rasse. Hulle verduur ander sonder enige begeerte om werklik met hulle in 'n verhouding te tree. In hierdie 3-dag leesplan, sal Dr. Tony Evans ons help om van rasse verdraagsaamheid weg te beweeg in die rigting van versoening. Ons sal die sleutels tot opregte Bybelse versoening bespreek en hoekom ware eensgesindheid so uiters noodsaaklik vir die liggaam van Jesus Christus is.
More