Tony Evans verken versoening tussen rasseVoorbeeld
Identiteit diefstal
Wat misdaad betref, is die diefstal van identiteit vandag een van die grootste uitdagings. Mense sal jou identiteit steel om vir hul eie bedrieglike dade te gebruik. Hulle gee voor dat hulle jy is en neem dan die dinge wat vir jou bedoel is. Die grootste identiteitsdief in die geskiedenis is die Satan. Hy wil gelowiges besteel van al die wonderlike dinge wat Jesus aan ons gegee het. Een van die maniere hoe hy dit regkry, is deur ons oor ons identiteit te verwar. Hierdie verwarring is dan ook een van die redes hoekom daar nog steeds rassisme is en waarom versoening tussen rasse nog nie plaasgevind het nie.
Ons moet ons identiteit by die kruis van Christus vind, maar die Satan sal ons probeer oorreed om liewer ons identiteit op ander dinge, soos ras, te baseer. Dit is hoekom sommiges na hulself as swart Christene, wit Christene, kleurling Christene of Indiër Christene verwys. Eintlik is hierdie frase heeltemal verkeerd, want dan is "Christen" die selfstandige naamwoord wat deur die byvoeglike naamwoord, "ras" beskryf word. Daarvan lei ons af dat ras beskryf wie ons as Christene is.
Ons identiteit is egter in Christus. Dit beteken dat dit ons posisie in Christus is wat bepaal dat ons 'n Christen is wat toevallig ook swart, wit, kleurling of Indiër is. Ons identiteit is uiters belangrik, want hoe jy jouself sien, sal ook jou optrede bepaal. Ons identiteit is in die heel eerste plek in Christus en alle ander dinge is daaraan ondergeskik. God vereis nie van ons om ons ras of kultuur prys te gee nie, maar Hy vra wel dat daardie dinge nie ons Christelike toewyding moet belemmer nie. Koester jou ras en kultuur. Wees die mens wat jy is, maar moenie toelaat dat jou rasse-identiteit met die Bybelse waarheid inmeng nie.
Hoe kan jy verhoed dat jou rasse-identiteit die Woord van God verdraai?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In plaas van eensgesindheid, verdra baie mense bloot net ander rasse. Hulle verduur ander sonder enige begeerte om werklik met hulle in 'n verhouding te tree. In hierdie 3-dag leesplan, sal Dr. Tony Evans ons help om van rasse verdraagsaamheid weg te beweeg in die rigting van versoening. Ons sal die sleutels tot opregte Bybelse versoening bespreek en hoekom ware eensgesindheid so uiters noodsaaklik vir die liggaam van Jesus Christus is.
More