Tony Evans verken versoening tussen rasseVoorbeeld
Imago Dei (Beeld van God)
Alle mense, ongeag van watter ras, se algemene oorsprong is uit Adam. In die boek Handelinge word ons vertel dat alle mense se oorsprong uit dieselfde bron is. As ons 'n tree verder neem, en na die skepping van die mensdom kyk, ontdek ons dat die Drie-enige Godheid ons na sy beeld geskape het. In die teologie word daar na imago Dei verwys as die begrip dat die mens na die beeld van God geskape is. 'n Beeld is 'n weerspieëling of weerkaatsing. Daaruit lei ons af dat almal, ongeag hulle ras of etnisiteit, 'n innerlike waarde het, want waardigheid is ingebore. Alle mense is met 'n sin van eiewaarde gebore, omdat hulle na die beeld van God geskape is.
Daarom is enige vorm van rassisme, elitisme, diskriminasie of onderdrukking, nie slegs 'n sosiale probleem nie, maar in wese 'n sonde. Deur 'n mede-beelddraer as minderwaardig te beskou, omdat hulle van 'n ander ras is, is 'n sonde. As ons dus enigsins eensgesindheid wil bewerkstellig, moet ons begin om eerlik en reguit te praat. Ons moet dus enige vorm van rassisme, elitisme, diskriminasie of onderdrukking noem wat dit is — sonde. Dit is slegs wanneer ons met sonde afreken, wat God met 'n proses van genesing en eenwording kan begin. Kom ons begin mekaar soos beelddraers behandel — mense wat na die beeld van die almagtige God geskape is.
Hoe vorm die imago Dei die manier waarop jy ander rasse, etniese groepe en kulture sien?
Aangaande hierdie leesplan
In plaas van eensgesindheid, verdra baie mense bloot net ander rasse. Hulle verduur ander sonder enige begeerte om werklik met hulle in 'n verhouding te tree. In hierdie 3-dag leesplan, sal Dr. Tony Evans ons help om van rasse verdraagsaamheid weg te beweeg in die rigting van versoening. Ons sal die sleutels tot opregte Bybelse versoening bespreek en hoekom ware eensgesindheid so uiters noodsaaklik vir die liggaam van Jesus Christus is.
More