Die Krag van EenheidVoorbeeld
Die Vernietiger Van Eenheid
In sy outobiografie vertel Mahatma Gandhi van sy bekoring met Jesus Christus se leringe tydens sy jare op universiteit. Gedurende hierdie tyd was Indië onderhewig aan 'n standstelsel. Dit beteken jy bly in die sosiale stand, ryk of arm, waarin jy gebore is. Die stelsel het mense van mekaar geskei en hulle vasgevang in hulle huidige status. By die aanhoor van Jesus se leringe, het hy gedink dat Christenskap die antwoord kan wees op Indië se standstelsel.
Hy het na 'n Christenkerk gegaan om meer van Jesus se leringe te hoor. Toe hy by die kerk instap, sê 'n deurwag vir hom: "Jy kan nie hier aanbid nie, jy moet saam met jou eie soort gaan aanbid." Ghandi het uitgeloop en nooit weer 'n Christenkerk besoek nie. Hy het gedink dat, as daar 'n standstelsel in die Christengeloof was, wou hy nie 'n Christen word nie.
Aan die kern van hierdie verhaal lê die sonde van elitisme. Elitisme is 'n houding van meerderwaardigheid wat sommige mense verhef terwyl ander verneder word. Dit is 'n denkwyse wat ongegronde standaarde gebruik om mense te beoordeel. Mense word op grond van valse gevolgtrekkings en goddelose sieninge beoordeel, wat daartoe lei dat sommige beter behandel word en ander as minderwaardig geag word. Dit tref onderskeid tussen mense op grond van ras, stand of kultuur. Elitisme sal altyd die eenheid binne die liggaam van Christus vernietig. Ons moet eerder deur liefde van elitisme ontslae raak. Ons moet ander liefhê, ongeag hulle ras, kultuur of stand en ons moet hulle behoeftes as belangriker as ons eie ag.
Op watter tasbare maniere kan jy lief wees vir mense wat anders as jy is?
Aangaande hierdie leesplan
Baie mense is daarmee tevrede om ander rasse net te verdra in plaas daarvan om as 'n eenheid saam te leef. Ons verdra verskillende rasse en sal dalk selfs rasse-byeenkomste bywoon. Wanneer die byeenkoms egter verby is, gaan ons almal weer in ons onderskeie rigtings. Dit bewys dat dit meer as 'n glimlag, handdruk en vriendelike "hallo" verg om rassegapings te oorbrug. In hierdie 4-dag leesplan sal Dr. Tony Evans jou op 'n reis na Bybelse eenheid neem.
More