Die Krag van EenheidVoorbeeld

The Power of Unity

DAG 2 VAN 4

Die Toonbeeld

'n Toonbeeld verwys na 'n tipiese of ideale voorbeeld. Dit is dus die mees perfekte voorbeeld, verteenwoordiging of vergelyking van iets. Waaraan laat die volgende vraag jou dink: "Wat is die toonbeeld van eenheid?" Wat is die eerste gedagte wat by jou opkom?

Ons kan aan baie verskillende voorbeelde van eenheid dink, maar is hulle regtig perfek? Is hulle ideaal? Ek is redelik seker dat daar by die meeste foute en tekortkominge is. Tog sien ons die volmaakte voorbeeld van eenheid in die Drie-eenheid. Die Drie-eenheid verwys na God wat vir ewig uit drie afsonderlike persone bestaan: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Al drie persone is gelyktydig God. Tog het elke Persoon 'n afsonderlike rol of funksie in die Godheid en die drie bestaan saam in 'n volmaakte verhouding en gemeenskap. Daar is egter nie drie afsonderlike gode nie, maar net Een. Dus vorm die Godheid 'n volmaakte eenheid. 

Eenheid vestig 'n eenwording wat nie individualiteit sal benadeel nie. Onthou, elke lid van die Drie-eenheid het 'n aparte rol. God het, in sy oneindige wysheid, hierdie werklikheid in sy skepping herhaal. God se plan was dat daar altyd verskille onder mense in die vorm van verskillende rasse, kleure, vorme en style sou wees. Elke ras is uniek en het 'n unieke individualiteit. Tog is God se begeerte dat sy mense hulle uniekheid sal koester terwyl hulle die eenheid van die Christelike gemeenskap handhaaf. Hy wil hê dat ons sy volmaakte voorbeeld sal volg.

Hoe kan jy God se voorbeeld van eenheid in jou lewe tentoonstel?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Power of Unity

Baie mense is daarmee tevrede om ander rasse net te verdra in plaas daarvan om as 'n eenheid saam te leef. Ons verdra verskillende rasse en sal dalk selfs rasse-byeenkomste bywoon. Wanneer die byeenkoms egter verby is, gaan ons almal weer in ons onderskeie rigtings. Dit bewys dat dit meer as 'n glimlag, handdruk en vriendelike "hallo" verg om rassegapings te oorbrug. In hierdie 4-dag leesplan sal Dr. Tony Evans jou op 'n reis na Bybelse eenheid neem.

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/