Die Krag van EenheidVoorbeeld
![The Power of Unity](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20081%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat is Eenheid?
Ons het almal al die uitdrukking, verdeel en verower, gehoor. Tydens 'n oorlog dwing hierdie strategie die vyand om hulle verdediging te versprei en dit laat hulle dan kwesbaar. Die Satan gebruik dieselfde taktiek teen die liggaam van Christus. Hy streef daarna om te verdeel en te verower, want 'n verdeelde kerk is swak.
Wat beteken eenheid? Ongelukkig dink baie mense eenheid beteken dat almal eenders is, maar dit is nie so nie. Eenheid is nie eenvormigheid nie. Eenheid kan gedefinieer word as enige groep mense wat 'n gedeelde doel of visie het of in dieselfde rigting beweeg. Dit beteken nie om presies dieselfde te wees nie, maar eerder om te streef na dieselfde einddoel. Dink aan 'n rugbyspan. Daar is verskillende posisies op die veld. Elke posisie behels verskillende vaardighede, rolle en verantwoordelikhede. Al die spelers beweeg egter na dieselfde doellyn, want hulle einddoel is dieselfde.
Ons moet besef dat ras nog altyd deel van God se plan was, maar dat God se plan ook 'n manier ingesluit het om eenheid tussen die verskillende rasse te skep. Jesus Christus is die middelpunt van hierdie plan. Deur Christus word groepe wat deur ras verdeel is, in een liggaam versoen: die kerk. Die kerk is die plek waar onderskeid nie meer enige verdeeldheid moet veroorsaak nie, omdat ons in Christus 'n eenheid vorm. Ons gemeenskaplike doel is die bevordering van God se koninkryk deur die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus. Wanneer gelowiges van elke rassegroep bymekaarkom en saamwerk in Bybelse eenheid, sal ons nie meer verdeeld en verower wees nie. Ons sal seëvierend wees.
Hoe kan eenheid en uniekheid saam in die kerk bestaan?
Aangaande hierdie leesplan
![The Power of Unity](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20081%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Baie mense is daarmee tevrede om ander rasse net te verdra in plaas daarvan om as 'n eenheid saam te leef. Ons verdra verskillende rasse en sal dalk selfs rasse-byeenkomste bywoon. Wanneer die byeenkoms egter verby is, gaan ons almal weer in ons onderskeie rigtings. Dit bewys dat dit meer as 'n glimlag, handdruk en vriendelike "hallo" verg om rassegapings te oorbrug. In hierdie 4-dag leesplan sal Dr. Tony Evans jou op 'n reis na Bybelse eenheid neem.
More
Verwante Leesplanne
![Tony Evans verken versoening tussen rasse](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20082%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Tony Evans verken versoening tussen rasse
![Gemeenskapsversoening En Die Kerk](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20239%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Gemeenskapsversoening En Die Kerk
![Wat is Bybelse Geregtigheid?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20157%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Wat is Bybelse Geregtigheid?
![Die Rol van die Kerk in Kulturele Botsings](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20175%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Die Rol van die Kerk in Kulturele Botsings
![Om op God te Wag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om op God te Wag
![Beter As Normaal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22106%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Beter As Normaal
![Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24127%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F320x180.jpg&w=640&q=75)