Ek Is Vol VertroueVoorbeeld

I'm Confident

DAG 4 VAN 4

Ons God Werk Nog Steeds in Ons

Teen die tyd dat die apostel Paulus sy eerste brief aan Timoteus geskryf het, was hy deeglik daarvan bewus dat sy vertroue van God alleen gekom het. Paulus het so sterk daaroor gevoel dat hy dit in die eerste deel van sy brief geplaas het. In 1 Timoteus 1:12-16 vertel Paulus hoe hy "Hom [Jesus] voorheen belaster, vervolg en beledig [het]" — en van God se verstommende genade. Hy noem homself die grootste sondaar. Waarom sou God iemand wat Hom ontken, 'n moordenaar van Christene is en 'n haatlike vent soos Paulus gebruik om sy kerk te bou? Paulus stel dit dat God ons so geen kans gee om te beweer dat ons te veel ______ gedoen het vir God om ons te kan gebruik nie. Met ander woorde, as God nog in Paulus gewerk het, werk Hy steeds in ons.

In Filippense 2:13 verduidelik Paulus God se metodes. "... dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer." Tog vertrou Hy op ons om die regte weg te kies. In Filippense 2:14-15 herinner Paulus die Filippense aan die volgende: "Doen alles sonder kla of teëpraat. Sorg dat julle bo bo alle verdenking staan en opreg bly ..." Paulus wou hê dat ons "ligdraers in die wêreld" (Filippense 2:15) moet wees, wetende dat God die passie en die krag sal voorsien as ons die regte weg kies.

Ons kan sê: "Ek is vol vertroue," nie omdat ons kwalifikasies bewonderenswaardig is nie, of ons passie onwrikbaar is nie, maar omdat ons Skepper getrou is. " ... God, wat die goeie werk in julle begin het, [sal] dit end-uit voer" (Filippense 1:6).

Probeer dit: Dink aan iets waarvoor jy moed opgegee het. Vra God om jou te wys hoe Hy nog steeds daaraan werk. Neem die eerste stap om by God aan te sluit in hierdie werk.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I'm Confident

So baie van ons huiwer tussen onsekerheid en valse vertroue. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal vir jou 'n nuwe grondslag vestig in vertroue op God. Begin lees uit deel ses van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church