Ek Is Vol VertroueVoorbeeld
Bou Op Vertroue
Het jy al ooit 'n kleuter probeer leer hoe om 'n toring te bou? Die soort wat hulle sekondes voordat dit klaar is sal vernietig? Op jou stewige basis bou julle albei boontoe. Dan, met 'n vonkel in sy oog, slaan jou boumaat met die volle krag van sy vuis teen die swakste deel van jou toring. Nou laat jy toe dat die kleuter sy eie toring bou. Dalk kry jy jou beurt om dit om te stamp. Sy toring val egter herhaaldelik om voordat dit hoog genoeg is om enigsins 'n toring genoem te word.
Jou vriendjie moet nog die konsep van 'n vaste fondament begryp. Daarin is hy nie alleen nie. Hoe dikwels sien ons nie hoe gedeeltes van ons lewens voortydig omvergewerp word nie? Ons bou ons lewens op rykdom, maar dit faal. Ons bou op opvoeding, voorkoms of verhoudings, maar op 'n stadium, verkrummel ons torings. Hoekom? Wanneer ons vertroue op enigiets anders as die liefdevolle aanvaarding van ons Skepper geplaas word, is ons besig om 'n fout in ons fondament te bou.
Jy is dalk nou besig om blokke op te tel om 'n fondament te lê, of jy sit aan die bokant van 'n brose, leunende toring. Daar is regtig goeie nuus vir jou. God is nie net 'n goeie bouer nie; Hy is die finale argitek, herstelwerk spesialis en algemene kontrakteur. Nog voordat jy weet wat jy nodig het, het Hy dit al gereed. Toe die wêreld 'n Verlosser nodig gehad het, het Hy die belangrikste Hoeksteen gestuur. Daarom kan ons sê: "Ek is vol vertroue.” Nie selfversekerd nie, maar God-versekerd.
Oor die volgende drie dae sal ons drie waarhede onthul om vertroue in God te bou.
Bid: Vader, ek wil hê dat U en my verlossing deur Christus die fondament van my lewe moet wees. Ek nooi die Heilige Gees uit om die blokke aan my te openbaar wat ek in u plek probeer gebruik het. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
So baie van ons huiwer tussen onsekerheid en valse vertroue. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal vir jou 'n nuwe grondslag vestig in vertroue op God. Begin lees uit deel ses van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.
More