Verslaaf Aan Besig Wees: Herstel Vir Die Gejaagde SielVoorbeeld

Addicted To Busy: Recovery For The Rushed Soul

DAG 7 VAN 7

Vrede

Die "reëls" waarna die Fariseërs in Markus 2:27 verwys het, het 'n hele gros voorskrifte ingesluit wat die Hebreërs geslagte voorheen reeds ingestel het.

Dit bring ons by Jesus se reaksie dat die sabbat vir ons gemaak is en nie andersom nie. Sy oogpunt was basies dít: Moses en die profete het moontlik die skedule van die sabbat ingestel, maar Ek, Jesus, het die géés daarvan kom vestig. Hierdie gees is een van vrede, en nie van verbod nie.

ʼn Vroeë besef waartoe ek gekom het tydens die onderhouding van my laat-lê-dae, was dat al was ek die bes geskeduleerde, mees doeltreffende, mees pligsgetroue persoon op aarde, as ek die gees van die sabbat sou misloop, sou ek ook die heerlikheid van God se bedoeling daarmee misloop.

In hierdie wêreld word ons ʼn bietjie chaos belowe. Party van ons word egter baie daarvan belowe. “In die wêreld sal julle dit moeilik hê”, sê Jesus in Johannes 16:33 “maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin”. Interessant genoeg, die manier waarop Jesus die wêreld oorwin, is nie deur oorlogsdade nie, maar deur dade van omvattende vrede. Dis vrede wat ons na Christus bring. Dis vrede wat ons siele red. Dis vrede wat ons weke red van gevaar, die vrede van 'n rusdag. God het geweet dat ons een keer per week vrede nodig sou hê, net soos ons ons eie bed nodig het ná 'n lang week op die pad. Hy't geweet ons sou 'n sagte plek nodig hê om te land, 'n loodlyn om ons siele weer regop te kry. Derhalwe die sabbat: 'n uitnodiging, 'n geskenk, 'n voorsmakie van werklike vrede.

In die Joodse tradisie beteken “Shabbat shalom” letterlik, “mag jou dag sonder werk gevul wees met vrede.” Een persoon sal 'n ander hiermee groet, waarop die ander sou reageer met: “Mag jou dag sonder werk ook met vrede gevul wees.”

Aangesien God nie net vrede geskep het nie, maar self ook Vrede is, kan 'n mens ook andersins sê: “Mag God in jou rus wees, en mag jou rus in God wees". 'n Rusdag is 'n dag om vrede te leer ken, en om die vrede van God te ervaar en uitdrukking daaraan te gee.

Het jy hierdie leesplan geniet? As jy het, kan jy inskryf om die volledige boek te wen: hier

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Addicted To Busy: Recovery For The Rushed Soul

Vir diegene wat te vinnig deur die lewe beweeg — 'n gids om jou te help om stadiger te leef en rus te ontdek. In "Verslaaf Aan Besig Wees" wys Brady Boyd ons hoe om 'n lewe te leef wat stilte en afsondering koester, en die vrede te vind wat God vir ons wil hê.

More

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek gerus: www.dccpromo.com/addicted_to_busy/