Verslaaf Aan Besig Wees: Herstel Vir Die Gejaagde SielVoorbeeld
Die Pas van Jesus is Ritmies
Ons sien dat Jesus Homself onttrek om tragiese nuus te verwerk, soos toe Hy hoor dat sy vriend Johannes die Doper dood is. Hy onttrek om insig te verkry oor belangrike besluite — besluite soos wie om te roep om Hom te volg. Hy onttrek ook eenvoudig om te bid, of om tyd deur te bring met diegene naaste aan Hom. Hy onttrek as 'n manier om sy dissipels van die onskatbare waarde van rus te leer. Hy wag nie tot sy taak volbring is nie, of dat iemand anders 'n paar dae namens Hom opsy sit nie. Hy wag nie eens vir die amptelike sabbat om aan te breek nie. Sodra Hy voel dat dit tyd is om te onttrek, doen Hy dit.
“Jesus het 'n dieper ritme gevolg,” skryf Wayne Muller. Hy doen presies net dit: Hy's betrokke, betrokke, betrokke, en onttrek dan … betrokke, betrokke, betrokke, onttrek.
Ritmies — só het Jesus geleef.
Ons word uitgenooi om dieselfde te doen.
Ons word uitgenooi om hard te werk, ons gereeld te onttrek, en te vertrou dat wat ook al tydens ons rustyd deurglip, weer gedurende ons volgende tydperk van harde werk aangespreek sal word. Ek belowe jou, die wêreld gaan regtig aanhou draai — selfs in jou afwesigheid.
Wanneer jy my vir 'n paar dae dophou, sal jy sien dat ekself nie heeltemal hiervan oortuig is nie. Maar geloofwaardige mense wat ek ken, sê dit is so — insluitend senator Joe Lieberman, wat gereken is as iemand wat heel waarskynlik nie 'n boek oor heilige rus sou skryf nie. Tog het hy. In sy boek skryf hy die volgende: “Geeneen van ons hoef elke dag van die week te werk nie. Baie mense is oortuig dat hulle geheel en al onvervangbaar is — vir hulle gesinne, hulle kollegas, en miskien selfs vir die wêreld. As ek nie gaan werk nie, is my loopbaan daarmee heen. As ek nie inkopies gaan doen nie, gaan my gesin vergaan van die honger. As ek nie gaan oefen nie, gaan my liggaam agteruitgaan.”
Alweer die nare vrees — as óns nie al die draaiende borde op die stokke balanseer nie, gaan alles neertuimel, en watter gemors gaan dít nie wees nie! Heimlik is ons bang dat die lewe uitmekaar gaan val as ons nie gaan aanhou doen wat ons nog altyd gedoen het nie. Op 'n manier dink ons tog almal dat dit die geval is.
Wanneer ons nugter daaroor nadink, weet ons natuurlik dat dit nie waar is nie. Weet ons dat ons lewe meer behels as die hoeveelheid borde wat ons in die rondte kan laat tol. Weet ons dat ons ʼn dringende behoefte aan rus het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vir diegene wat te vinnig deur die lewe beweeg — 'n gids om jou te help om stadiger te leef en rus te ontdek. In "Verslaaf Aan Besig Wees" wys Brady Boyd ons hoe om 'n lewe te leef wat stilte en afsondering koester, en die vrede te vind wat God vir ons wil hê.
More