Verslaaf Aan Besig Wees: Herstel Vir Die Gejaagde SielVoorbeeld
Die Pas van Jesus is Vasberade
Ek lees in hoofstuk 4 in die boek Markus hoedat Jesus, na ’n besige dag van onderrig, saam met sy dissipels in 'n skuit na die oostelike kus van die See van Galilea vaar. Blykbaar steek daar sonder enige waarskuwing 'n reuse storm op. Die watergolwe wat die skuit wil oorstroom, veroorsaak dat die dissipels vrees dit gaan sink. Dit maak heeltemal sin vir my: as ek op 'n vlug was wat neerstort, sou ek bid, en as ek op 'n boot was wat deur golwe rondgeslinger word, sou ek ook begin om my eie begrafnis te beplan.
Met die storm en deinings óm hulle is die dissipels doodbang; en daar lê Jesus vas aan die slaap in die skuit se agterstewe! Sy andersins gelukkige dissipels was woedend. "Gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”, roep hulle uit terwyl hulle vir Jesus wakker maak (Markus 4:38).
Uiteindelik word Hy wakker, som die situasie op en sonder enige vertoon, roep Hy uit: "Hou op! Bedaar!” (Markus 4:39).
Verbasend genoeg het Hy nie met die dissipels gepraat nie, maar met die wind en die golwe. Selfs meer verbasend: die wind en die golwe het Hom gehoorsaam. Markus 4:39 sê: “Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.”
Sjoe.
Watter vertroue! Watter vasberadenheid! Wat 'n bewustheid van die koninkryk hier op aarde.
Ons mis dikwels die volgende: toe Jesus kalmte en stilte verklaar het, het Hy dit nie bloot oor daardie spesifieke storm uitgespreek nie, maar oor 'n hele koninkryk. In werklikheid het Hy gesê: "Vrede sal eendag heers — oral, ten alle tye. Op 'n stadium sal die leeu saam met die lam lê; die roofdier en prooi sal in vrede saamleef.”
Volgens Jesus is die onstuimigheid normaal en natuurlik vir die huidige tyd — maar daar is 'n nuwe normaal op pad. Wanneer die koninkryk eers gevestig is, sal alle dinge tot rus kom.
Wat meer is, deur die dissipels van kleingelowigheid te beskuldig, het Hy aan hulle getoon dat hulle eerder 'n onwrikbare, standvastige vertroue kon hê — dat hulle daardie toestand van rus sou kon geniet nét wanneer hulle wou. Dit was iets wat hulle nie geweet het nie, en wat ons tot vandag nog sukkel om behoorlik te begryp. Vrede is ons s’n om in besit te neem! Dit klop altyd aan die deur; ons moet bloot die deur oopmaak en vrede innooi. Ons moet oop wees vir besigheid! Dít is so 'n fantastiese doelwit. Ek het begin verstaan waarom Jesus gekies het om te leef soos Hy geleef het. Pas maak saak. Die régte pas maak saak. Miskien is daar tog nog hoop vir my.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vir diegene wat te vinnig deur die lewe beweeg — 'n gids om jou te help om stadiger te leef en rus te ontdek. In "Verslaaf Aan Besig Wees" wys Brady Boyd ons hoe om 'n lewe te leef wat stilte en afsondering koester, en die vrede te vind wat God vir ons wil hê.
More