Glo God Is Goed — OngeagVoorbeeld

Believing God Is Good No Matter What

DAG 5 VAN 5

God Is Nog Nie Klaar Nie.

God is nie dood nie en Hy is nie klaar nie! Jou lewe mag dalk voel of lyk soos 'n onvoltooide skildery — 'n groot gemors met dele wat ontbreek.

God wil hê jy moet weet dat Hy nog steeds aan die werk is, al kan jy dit nie sien nie. Hy is besig om 'n kreatiewe en briljante werk in jou lewe te doen, en in die lewens van die mense wat jy liefhet. Net omdat jy nie die voltooide werk kan sien nie, beteken dit nie dat dit nié 'n meesterstuk gaan wees nie. Filippense 1:6 verwys na die onvoltooide werk van God en sê dat ons vol vertroue moet wees dat Hy wat die goeie werk in ons begin het, dit sal voltooi. Wees dus gerus: God is nog steeds hard aan die werk in jou lewe.

Niemand en niks kan God se guns in jou lewe keer nie! Al voel jy dat jou skildery 'n gemors is, kan God dit gebruik om ander mense in jou omgewing mee te seën.

Daar is meer wat vir jou wag — meer guns, meer seëninge en meer goeie dinge!

Dink hieroor: Hoe gee dit vir jou hoop as jy weet dat God nog onafgehandelde werk in jou lewe het?

BID: Dankie Vader God, dat U 'n goeie werk in my begin het en belowe het om dit te voltooi. U guns vloei in my lewe en ek bid dat U my sal help om te sien wanneer dit deur my lewe vloei om ander te help. Gee my dié week 'n geleentheid om iemand anders op hul lewensreis te bemoedig. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Believing God Is Good No Matter What

Daar is deesdae verskeie boodskappe binne en buite die kerk wat die ware boodskap van God se guns versuur. Die werklikheid is dat God nie verplig is om goeie dinge aan ons te gee nie, maar Hy wil graag! Die volgende vyf dae sal jou help om met nuwe oë verby die daaglikse moeilikhede te kyk. Jy sal die onmiskenbare en oorvloedige goedheid van God raaksien.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah Uitgewersgroep wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.goodthingsbook.com