Glo God Is Goed — OngeagVoorbeeld

Believing God Is Good No Matter What

DAG 3 VAN 5

Word 'n Soeker Van Goeie Dinge

Soek daagliks na God se goedheid. Dit sal jou help om goeie dinge in jou lewe te verwag. God se goedheid kruip nie weg nie en sy guns maak nie net soms 'n verskyning nie ... ons moet net op die uitkyk wees daarvoor. Ons is nie altyd bewus van God se guns nie. Om dié rede het die apostel Paulus vir sy vriende gebid vir insig.

Paulus het aan die kerk in Efese geskryf en gesê hy bid dat God "[hulle] geestesoë so verhelder”. Dit is waarop dit neerkom: guns omring ons. Wanneer ek begin rondkyk vir goeie dinge in my lewe, besef ek dat dit oral en selfs in onwaarskynlike plekke te vinde is. Soms wanneer God se guns die minste gesien kan word, funksioneer dit die beste om ons onthalwe. Leer jou oë om goeie dinge te sien en sien hoe goedheid jou omring.

Jy kan God se guns na jou toe aantrek deur jou positiewe gesindheid en ingesteldheid. Dit kan jou egter ook ontduik deur jou negatiewe gesindheid en ingesteldheid. Guns is onpartydig, maar dit veronderstel nie dat dit aanpasbaar is by elkeen se gesindheid en ingesteldheid nie. As ons besluit om 'n soeker van goeie dinge te wees, vermenigvuldig dit God se guns in ons lewens.

Dink hieroor: Hoe kan jy begin om jou gedagtes te hervorm om op goeie dinge te fokus?

BID: Dankie Vader dat U vir my die vermoë gee om my gedagtes te vernuwe sodat ek meer van die goeie dinge in my lewe kan raaksien. Ek wil graag 'n soeker van goeie dinge word sodat ek meer oor u goedheid kan dink en elke dag meer van u guns in my lewe kan verwag. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Believing God Is Good No Matter What

Daar is deesdae verskeie boodskappe binne en buite die kerk wat die ware boodskap van God se guns versuur. Die werklikheid is dat God nie verplig is om goeie dinge aan ons te gee nie, maar Hy wil graag! Die volgende vyf dae sal jou help om met nuwe oë verby die daaglikse moeilikhede te kyk. Jy sal die onmiskenbare en oorvloedige goedheid van God raaksien.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah Uitgewersgroep wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.goodthingsbook.com