Glo God Is Goed — OngeagVoorbeeld

Believing God Is Good No Matter What

DAG 2 VAN 5

Guns Vir Die Gesin

God se guns kom so natuurlik na ons soos 'n vader se guns aan sy kinders. (En Hy is die beste voorbeeld van 'n vader waaroor jy ooit kan droom of wat jy jou kan voorstel om te hê.) God het jou lief. Hy beskou jou as sy kind en dit maak van jou 'n ontvanger van sy seëninge, oor geslagte heen.

Moenie voel dat jy teenoor mense moet verskoning maak vir God se guns of sy guns moet regverdig nie. Party mense sal nie verstaan of saamstem nie. Daar is altyd mense wat jou oorwinning sal wil kritiseer of jou tydige seëning wil ignoreer. Hulle voel dalk dat iemand anders dit eerder moes kry. Trouens, as jy al ooit gevoel het dat iemand nie 'n seën verdien wat hulle ontvang het nie (komaan, ons almal dink een of ander tyd so ...), dan is jy heel waarskynlik reg! Daar is egter 'n oomblik van waarheid vir ons almal: Ons kan nie onverdiende guns aan iemand anders gee as ons dit nie in ons eie lewe aanvaar nie.

Wanneer ons begin verstaan dat guns God se uitdrukking van genade is, kan ons verstaan dat die guns wat ons ontvang — net soos genade — nie kan balanseer met wat ons verdien nie.

Dink hieroor: Is daar voorbeelde van tye in jou lewe toe jy onverwagte of onverdiende guns ontvang het?

BID: Vader God, dankie dat U 'n Vader vir my is. Dit maak nie saak hoe my aardse vader was nie, U is 'n vrygewige Vader en beplan voortdurende guns vir my in die toekoms. Leer my vandag om die guns te aanvaar wat U vir my as u kind gegee het. In die Naam van Jesus. Amen.

 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Believing God Is Good No Matter What

Daar is deesdae verskeie boodskappe binne en buite die kerk wat die ware boodskap van God se guns versuur. Die werklikheid is dat God nie verplig is om goeie dinge aan ons te gee nie, maar Hy wil graag! Die volgende vyf dae sal jou help om met nuwe oë verby die daaglikse moeilikhede te kyk. Jy sal die onmiskenbare en oorvloedige goedheid van God raaksien.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah Uitgewersgroep wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.goodthingsbook.com