Hartseer en DroefheidVoorbeeld

Sadness and Grief

DAG 7 VAN 7

Dag 7  

Hierdie week het ons gesien:

· God verwelkom jou eerlike klaaglied.

· God hoor jou wanneer jy na Hom roep.

· Jesus het net soos jy onder hartseer en verdriet gely.

· Jesus het medelye met jou.

· God belowe om met ons in ons lyding te wees.

· God belowe dat Hy 'n goeie doel met ons het wat Hy selfs in ons pyn laat uitwerk.

Hierdie hartseer prentjie in die Bybel is dalk nie dieselfde as wat jy ervaar het nie. Miskien dink jy jy moet die regte dinge sê en maak asof jy "oor" jou hartseer is. Miskien doen jou vriende maklike oplossings aan die hand. Miskien is hulle so oortuig dat jou pyn bepaal wie jy is, dat hulle nie weet hoe om jou te vertroos nie.

God is die primêre Berader van hartseer. Hy bied vertroosting aan die gebrokene van hart. Gryp daardie troos aan! Mense wat die Here al lank volg, merk dikwels op dat wanneer hulle in moeilike tye hulle na die Woord van God haas, hulle sy teenwoordigheid op dieper, ryker maniere ervaar. 

Vandag sal ons daarna uitsien om God se teenwoordigheid op so 'n manier te ervaar dat al ons trane sal opdroog. 

Bid

Vader God, ek het U lief, want ek weet U het u liefde op my ingestel.

Lees

'n Visioen is aan Jesus se dissipel, Johannes, gegee oor wat sal gebeur wanneer Jesus vir die tweede keer kom. Hy beskryf 'n wêreld waarin alles nuut gemaak is.

Openbaring 21:3-4

Besin

Saam met die skrywer van Psalm 23 het ons oë van geloof nodig om te glo dat God tydens pynlike tye by ons is. In die nuwe orde sal God se teenwoordigheid egter 'n volgehoue werklikheid wees. Die deernisvolle, waaksame, tere God sal uiteindelik ten volle by ons wees. Dit is die belofte van die hele Bybelverhaal. Dit is waarna ons almal diep binne ons verlang. 

Reageer

Een van Jesus se apostels het geskryf dat hierdie hoop hom gehelp het om selfs in sy lyding, verheug te wees (sien Romeine 5:2-5). Dit lyk dalk op die oomblik onmoontlik om verheug te wees. Dis is ook goed. Wat het jy in die afgelope week oor God geleer? Waarop kan jy staatmaak — en hoop — oor Hom? 

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Sadness and Grief

Dit is geen skande om hartseer te wees nie. Daar is nooit belowe dat die lewe wat aan ons gegee is, vry van pyn of hartseer sal wees nie. Dit is egter van kritieke belang dat ons gedurende die tye wat ons die seerste het, na God en sy Woord sal hardloop vir vrede en vertroosting.

More

We would like to thank American Bible Society for their generosity in providing this Uncover the Word reading plan. To learn more about Uncover the Word, please visit: www.AmericanBible.org