Hartseer en DroefheidVoorbeeld
Dag 2
As jy al 'n rukkie met hartseer te doen het, is jou hoop dalk besig om minder te word. Hartseer kan so oorweldigend wees dat ons nie meer ons toekoms kan sien nie. Dit is moeilik om hoop te hê terwyl jy hartseer is.
Bid
Skepper God, U het my geskep om vreugde te hê. Vreugde lyk op die oomblik baie ver. Gee my asseblief u hoop.
Lees
God het pas die psalmdigter uit gevaar verlos, dus is hy verheug. Dit is nie asof hy dink dat hy van nou af sonder probleme gaan wees nie, maar hy jubel oor wat hy sopas oor God geleer het.
Psalm 34:17-18
Besin
Wat is jou eerste gedagte wanneer jy wakker word? Is dit om vir ander omstandighede te wens? 'n Desperate kreet: "Ek kan dit nie meer hanteer nie"? Ons probleme dreig om ons uitmekaar te laat val. Ons wil 'n uitweg hê, maar dit is moeilik om te glo dat dinge hoegenaamd kan verander. Hierdie soort oomblikke verras nie vir God nie. Trouens, dit is veral in hierdie tye dat God ons wys wie Hy werklik is.
Reageer
Jy weet dalk nie wanneer jou hartseer gaan eindig, of jou omstandighede gaan verander nie. Maar jy kan vertrou dat God jou hoor, naby jou is en vir jou sal sorg. Te midde van hartseer kan ons met selfvertroue aan hierdie hoop op God vashou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dit is geen skande om hartseer te wees nie. Daar is nooit belowe dat die lewe wat aan ons gegee is, vry van pyn of hartseer sal wees nie. Dit is egter van kritieke belang dat ons gedurende die tye wat ons die seerste het, na God en sy Woord sal hardloop vir vrede en vertroosting.
More