Die SkeppingVoorbeeld

Creation

DAG 6 VAN 9

Wat is die Woord van God?

Die Woord van God is die Bybel. God het mense geïnspireer om die boeke van die Ou en Nuwe Testament te skryf. Die Bybel is die betroubare en gesaghebbende voorskrif vir wat ons glo en doen.

Sou dit nie lekker wees om die diep geheime van die heelal te ken nie; om te weet waaroor dit gaan en waarom ons hier is; om God te ken; om onsself te ken? Dit is presies wat die Bybel belowe om ons te leer: dat ons nie net God en die doel van die heelal sal leer ken nie, maar ook dat ons onsself sal leer ken.

Is die Bybel egter betroubaar? Is dit nie lank gelede, deur baie mense, op baie plekke en oor 'n lang tydperk geskryf nie? Wat kan hulle moontlik van die wêreld weet; oor ons? Het ons nie aanbeweeg nie? Het ons nie gevorder nie? Is ons nie nou slimmer nie?

Dit maak nie saak hoeveel bespotting en beswaddering op die Bybel gerig is nie, dit het die toets van die tyd deurstaan. Die Bybel red, herstel, lei en verlig al vir duisende jare die lewens van miljarde mense regoor die hele wêreld. Dit kan ook dieselfde vir jou en vir jou wêreld doen.

Waaroor gaan die Bybel?

In sy kern gaan dit oor Jesus. God die Vader het die Bybel deur die Heilige Gees geïnspireer om ons van sy Seun, Jesus, te leer.

Bid dat God vandag sy Woord vir jou sal oopmaak.  

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Creation

Feed se kategismus is 'n reeks vrae en antwoorde wat individue in staat stel om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars geskryf en word toegelig deur die groot kategismus geskiedenis. Dit is deel een van nege in die Feed Kategismusreeks: Skepping, sondeval, verbond + wet, vleeswording, verlossing, genade + vergifnis, die Heilige Gees, die kerk en nuwe skepping.

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible