Die SkeppingVoorbeeld

Creation

DAG 5 VAN 9

Wie is die drie Persone van die een ware God?

God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Elke Persoon is ten volle God, en hulle is gelyk in goedheid, wysheid en krag.

Het jy al ooit gewonder hoe God op aarde — of eintlik selfs in die hemel — een kan wees, maar ook drie? Soms voel dit of die wiskunde net nie optel nie!

Miskien sal 'n musikale voorbeeld help. Soms, om 'n spesifieke klank te skep, gebruik 'n musikant nie net een noot nie, maar twee of drie. Hierdie kombinasie van drie note saam maak van die mooiste klanke. Net omdat die musikant drie verskillende note gebruik het, beteken dit egter nie dat hulle drie verskillende klanke gemaak het nie. Dit is steeds net een akkoord wat een klank voortbring. Die een akkoord bestaan uit drie, harmonieuse note. Dit is net 'n voorbeeld, maar miskien sal dit help. God is een God, maar hy bestaan in die liefdevolle, harmonieuse verhouding van drie Persone: Vader, Seun en Heilige Gees.

Wat dit ook beteken, is dit: God is nooit alleen nie. Hy is altyd in 'n liefdevolle verhouding. Dis wie hy is. Dis sy aard.

Het jy geweet dat toe God ons as sy beeld en gelykenis geskape het, Hy ons as die beeld en gelykenis van die Drie-Eenheid geskep het?

Dit beteken dat ons ook geskep is vir liefdevolle verhoudinge. Dit is nie goed vir ons om alleen te wees nie. Soos God self, was ons ontwerp om in 'n liefdevolle verhouding met mekaar te wees.

Wat beteken dit vandag vir jou dat daar net een God is, wat nog nooit alleen was nie, maar wat nog altyd bestaan het in die liefdevolle verhouding tussen drie Persone: Vader, Seun en Heilige Gees?

Bestee vandag tyd om die Apostoliese Geloofsbelydenis deur te lees en daaroor na te dink:

Ek glo in God die Vader die Almagtige,
die Skepper van die hemel en die aarde.
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees,
gebore is uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus,
gekruisig is, gesterf het en begrawe is
en ter helle neergedaal het;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel
en sit aan die regterhand van God,
die almagtige Vader,
van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees.
Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges;
die vergewing van sondes;
die opstanding van die vlees
en ‘n ewige lewe.
Amen.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Creation

Feed se kategismus is 'n reeks vrae en antwoorde wat individue in staat stel om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars geskryf en word toegelig deur die groot kategismus geskiedenis. Dit is deel een van nege in die Feed Kategismusreeks: Skepping, sondeval, verbond + wet, vleeswording, verlossing, genade + vergifnis, die Heilige Gees, die kerk en nuwe skepping.

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible