Die Heilige GeesVoorbeeld
![The Holy Spirit](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19085%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat is die gawes van die Gees?
Die gawes is goeie dinge wat die Gees voortdurend aan al sy mense gee om die kerk te dien, te versterk en in liefde te verenig.
Dit kom voor dat daar deesdae onder Christene baie vrae oor die gawes van die Heilige Gees is. Hoekom ontvang ons selfs hierdie gawes? Is ons almal geroepe om te profeteer? Is ons almal geroepe om die gawe van gesondmaking te beoefen? Waarvoor is hierdie gawes in die eerste plek? As Christene is dit tog maklik om te bevraagteken en te wonder of ons hoegenaamd enige gawes besit.
Paulus praat juis veral oor hierdie saak in sy eerste brief aan die kerke in Korinte. Dit kom voor of sommige van die kerklidmate op ander neergesien het omdat hulle gedink het dat hul geestelike gawes beter was. Van dié wat die gawe beoefen het om in ongewone tale voor die hele gemeente te praat, het neergesien op hulle wat dit nie gedoen het nie. Nog ander wat weer voor almal geprofeteer of 'n genesingswonderwerk gedoen het, het neergesien op hulle wat dit nie gedoen het nie.
Daarom het Paulus twee lang hoofstukke oor hierdie saak geskryf om drie grondbeginsels onder hul aandag te bring. Die eerste is dat elke Christen geestelike gawes het. Om dit te verduidelik, lys Paulus in 1 Korintiërs 12:8-10 verskeie van die geestelike gawes: "Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om 'n woord van wysheid te praat, aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees. Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan 'n ander die gawe om te profeteer, en aan nog 'n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan 'n ander om dit uit te lê." Tweedens, is die doel van hierdie lys nie om elke gawe te dek nie, maar dit illustreer die beginsel dat elke Christen deur die Heilige Gees bemagtig is om die kerk te dien en te versterk. Derdens beklemtoon Paulus aan die Christene dat die doel van geestelike gawes is om die kerk te dien en te versterk.
Dit werk dus so: (1) Daar is baie gawes en een is nie beter as die ander nie. (2) Elke Christen het gawes by die Heilige Gees ontvang. (3) Die doel van geestelike gawes is om die kerk te dien en te versterk.
Hoe kan ons egter weet wat ons geestelike gawes is? Onthou, God het aan jou geestelike gawes gegee om daarmee in die kerk te dien. Hoe meer tyd jy dus by ander Christene deurbring en geleenthede soek om te dien, hoe meer waarskynlik is dit dat jy jou geestelike gawe sal ontdek.
Wy dus vandag tyd daaraan om God te vra om jou met die Gees te vul en te bemagtig om in die kerk te dien. Wees hierdie week op die uitkyk vir geleenthede om ander met jou geestelike gawes te dien. As jy nie weet hoe nie, kan jy dit oorweeg om iemand by jou kerk om leiding te vra.
Aangaande hierdie leesplan
![The Holy Spirit](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19085%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Feed se Kategismus bestaan uit 'n reeks vrae en antwoorde wat individue help om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars geskryf en word toegelig deur die groot kategismus geskiedenis. Dit is deel sewe van nege in Feed se Kategismusreeks: Skepping, sondeval, verbond + wet, vleeswording, verlossing, genade + vergifnis, die Heilige Gees, die kerk en nuwe skepping.
More