Die Heilige GeesVoorbeeld

The Holy Spirit

DAG 4 VAN 8

Hoe help die Heilige Gees ons?

As die Een wat ons onderrig, openbaar die Heilige Gees aan ons die waarheid oor God uit die Bybel. As ons Helper gee Hy nuwe lewe aan ons. As ons Trooster, ondersteun die Heilige Gees ons wanneer ons swak en in lyding verkeer.

Jesus het die Heilige Gees met 'n doel aan ons gegee — eintlik om verskeie doelstellings.

Toe Jesus op aarde was, het Hy gesê die Heilige Gees sal ons in alle waarheid lei. Daarmee het Hy egter nie 'n klomp onverwante feite bedoel nie. Inteendeel, Hy het bedoel dat die Heilige Gees die Woord van God, die Bybel, sal gebruik om ons van Homself, van Jesus, te leer. Die Gees sal die Woord van God vir ons lewend maak.

Jesus het ook belowe dat die Heilige Gees aan ons lewe sal gee. Nie 'n hupstoot soos 'n energiedrankie nie, maar 'n splinternuwe soort lewe. 'n Lewe wat met die Gees van God, sy lewe, liefde en vreugde gevul is. Dit is die soort lewe wat die Heilige Gees aan ons sal gee.

Jesus het ook belowe dat die Heilige Gees vir ons troos sal bring. Ons gaan soms deur swaar tye. Soms verloop ons lewens nie presies soos ons graag sou wou hê nie. Jesus het egter belowe dat die Heilige Gees in hierdie tye waarin ons swak is of lyding ervaar, vir ons vertroosting en vrede sal bring. Dit sal nie sommer net die soort vertroosting wees wat ons moeilike tye draaglik maak nie, maar die soort wat aan ons verrassende vreugde in moeilike omstandighede gee.

Gebruik dus 'n paar oomblikke om na te dink oor jou lewe, die plekke en omstandighede waarin jy die vertroosting en vrede van die Heilige Gees ervaar het of selfs nodig het. Nooi Hom dan in elke gebroke deeltjie van jou lewe.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Holy Spirit

Feed se Kategismus bestaan uit 'n reeks vrae en antwoorde wat individue help om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars geskryf en word toegelig deur die groot kategismus geskiedenis. Dit is deel sewe van nege in Feed se Kategismusreeks: Skepping, sondeval, verbond + wet, vleeswording, verlossing, genade + vergifnis, die Heilige Gees, die kerk en nuwe skepping.

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible