Om God se Vrede te ErvaarVoorbeeld

Experiencing God's Peace

DAG 5 VAN 5

Vrede Is Nie Gelyk Aan Volmaaktheid Nie

As 'n volgeling van Jesus, is daar troos in die feit dat ons verlossing vir ons vrede met God bring. Elke dag daarna wat jy vir Jesus volg en Hom toelaat om jou deur die lewe te lei, sal jy die vrede van God ervaar. Selfs wanneer ons God se vrede in ons lewens het, is dit nie gelykstaande aan volmaaktheid in die wêreld nie. Voor ons nie in ons hemelse tuiste by God woon nie, sal ons nie volmaaktheid ken of ervaar nie. 

Wat laat ons dan dink dat God se vrede gelyk is aan volmaaktheid hier op aarde? Ons verwagtinge. Pastoor Steven Furtick sê: "As ek in vrede wil lewe, moet ek afstand doen van my verwagtinge van volmaaktheid. Vrede word nie in probleem-vrye plekke of omstandighede gevind nie." 

Terwyl ons op aarde woon, sal ons swaarkry en moeilikhede hê. Ons sal deur tye van intense pyn gaan omdat sukkelende verhoudings, sukkelende ekonomieë en sukkelende gesondheidskrisisse deur pyn vergesel word. Hierdie druk van buite het nie die mag om ons van God se volmaakte vrede deur Jesus Christus, te ontneem nie. Furtick sê voorts: "Hy verlos my nie daarvan nie; Hy ontmoet my daarin."

In ons diepste nood kom Hy ons te hulp met 'n onverstaanbare, onpeilbare en onverklaarbare vrede. Hierdie vrede van God is ongeëwenaard en sonder gelyke. Niemand en niks kom naby hierdie volmaakte, misterieuse vrede nie. Selfs al is dit bokant ons begrip, weet ons wanneer ons God se vrede het en wanneer nie. 

Ons ondervind dit te midde van onuitspreeklike pyn en tog, op die een of ander manier, is daar hierdie kalmte oor ons. Ons ondervind dit wanneer ons finansieel sukkel en onseker is hoe om die volgende rekening te betaal, tog is ons met verwondering vervul oor God se voorsiening. Ons ondervind dit wanneer ons gesondheid in gedrang is en ons onseker oor genesing is, tog leef ons in onverklaarbare rustigheid. Dit is die vrede van God gedurende onvolmaakte omstandighede. Die lewe is nie volmaak nie, maar ons God is wel.  

God haal ons nie altyd uit ons beproewinge nie, maar Hy sal ons altyd daardeur lei. Dit is dikwels in die onbekende wanneer God op die kragtigste wyse openbaar wie Hy is en wie ons is. Ons kan rustig wees en op God vertrou gedurende die lewe se uitdagings en ons geloof gedurende die hewige storms in ons omstandighede uitleef. Hierdie soort geloof maak God bly.  

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Experiencing God's Peace

Die wêreld se vrede is heeltemal anders as God se vrede. Wêreldse vrede is tydelik en van omstandighede afhanklik. Daarteenoor bied God se vrede 'n permanente oplossing, naamlik die redding deur Jesus en sy teenwoordigheid in ons lewens. In hierdie leesplan sal ons kyk wat God se vrede werklik beteken en hoe ons dit in ons lewens kan ervaar.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.