Om God se Vrede te ErvaarVoorbeeld

Experiencing God's Peace

DAG 3 VAN 5

Vrede van God

Die dood van Jesus aan die kruis en sy opstanding drie dae later, is 'n geskenk wat aan ons die ewige lewe bring wanneer ons dit ontvang. As ons eers hierdie gratis geskenk ontvang het, hoef ons nooit ons verlossing in twyfel te trek nie en bring dit vir ons vrede met God. Die lewe kan egter buite beheer raak óf deur omstandighede óf deur swak keuses. Wanneer dit gebeur, voel die vrede van God ver en miskien selfs of dit nie bestaan nie. 

Selfs wanneer Jesus ons gered het en ons vrede met God het, is ons steeds vir die bekommernisse en besorgdhede van hierdie wêreld ontvanklik. Sommige omstandighede kan verwoesting in ons lewens saai. Meer nog, ons sondige begeertes verhoed dat ons kies om God se wil te doen en om op Hom te vertrou. Ons is bekommerd, kla en verknies ons oor soveel onnodige dinge. Ons is wel gered, maar daar moet nog baie werk aan ons gedoen word. Omdat ons uiterlike druk en innerlike stryde in ons toelaat, is die vrede van God nie altyd in ons lewens sigbaar nie.

Om die vrede van God te ervaar, kan ons na twee Skrifgedeeltes kyk om te sien hoe om die vrede van God 'n voortdurende werklikheid te maak.

Romeine 8:6-11
Wanneer jou denke met die Gees vervul is, bring dit lewe en vrede, maar as ons sondige natuur in beheer is, bring dit die dood. Dink daaroor na. Wanneer ons onsself aan sondige gedagtes oorgee, is dit buite God se wil en ons het dan nie die vrede van God nie. Dis nie omdat God nie naby is nie, maar omdat ons sonde skeiding maak tussen ons en God. Die vrede van God en ons sondige natuur is in stryd met mekaar. Hulle kan nie saam bestaan nie. Wanneer ons ons eenvoudig aan ons wonderlike God onderwerp, Hom vertrou en gehoorsaam, swig ons nie langer voor ons sondige natuur nie en ervaar ons sy volmaakte vrede.

Filippense 4:6-7
Die vrede van God sal ons soos 'n kombers toevou wanneer ons ophou om ons te bekommer, en liewer oor alles bid. Dis reg—alles. Ons laai elke las en swaarkry by God af en wanneer ons dit doen, sal die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan  oor ons harte en gedagtes die wag hou. Dit is regtig ver bo ons begrip. Dit is nie iets wat ons kan skep nie, maar iets wat ons verkry wanneer ons die keuse maak om te vertrou, gehoorsaam te wees en in geloof te wandel. 

As jy 'n volgeling van Jesus is, kan jy vertroosting en hoop vind dat jy vrede met God het. Dan moet jy God in al jou weë soek sodat niks tussen jou en die vrede van God kom nie. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Experiencing God's Peace

Die wêreld se vrede is heeltemal anders as God se vrede. Wêreldse vrede is tydelik en van omstandighede afhanklik. Daarteenoor bied God se vrede 'n permanente oplossing, naamlik die redding deur Jesus en sy teenwoordigheid in ons lewens. In hierdie leesplan sal ons kyk wat God se vrede werklik beteken en hoe ons dit in ons lewens kan ervaar.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.